Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Gesondheidskommu-nikasienavorsing
Begin: 04/11/2022, 12:00
Einde: 04/11/2022, 13:30
Kontak:Susan Lotz - 021 808 2167
Plek: iThemba 2-lokaal/venue, Africa Centre for HIV/AIDS Management

Gesondheidskommunikasienavorsing: Die krag van fotoromans en karaktersketse

Die US Taalsentrum bied ʼn praatjie oor gesondheidskommunikasienavorsing aan waartydens drie dinamiese navorsers sal vertel waarmee hulle tans besig is. 

Dr Burt Davis (Senior Lektor: Afrikasentrum vir MIV/Vigsbestuur, US) en prof Carel Jansen (Navorsingsgenoot: US Taalsentrum) sal meer vertel oor hulle ondersoek na die doeltreffendheid van ʼn 'fotonovela' – of fotoroman – om voorkomende gesondheidsinligting oor tipe 2 diabetes aan die algemene publiek oor te dra. Verder sal prof Elizabeth Lubinga (Hoof van die Departement Strategiese Kommunikasie, Universiteit van Johannesburg) bespreek hoe die gebruik van vinjette, oftewel karaktersketse, gehelp het om gemengdegeslaggesprekke oor kankervoorkoming onder universiteitstudente aan te moedig en uit te lok.

Die gesprek begin om 12:00 en duur tot 13:30 in die iThemba 2-lookaal op die eerste verdieping van die Afrikasentrum vir MIV/Vigsbestuur op die hoek van Joubertstraat en Banhoekweg, Stellenbosch. Kontak Susan Lotz (021 808 2167) so gou moontlik vir bywoning of e-pos haar vir die skakel om aanlyn by te woon.

  • ​Foto: Dr Burt Davis​​