Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
UITNODIGING: Transformasie-indaba 2022
Begin: 20/10/2022, 09:00
Einde: 20/10/2022, 16:00
Kontak:Awethu Fatyela - 021 808 4010
Plek: STIAS, 10 Marais Rd, Stellenbosch

​Die Viserektor: Sosiale Impak, Transformasie en Personeel nooi jou uit na die Transformasie-indaba 2022. Die US Transformasie-indaba het begin as 'n inisiatief van die Institusionele Transformasiekomitee (ITK). Tans is dit die een jaarlikse forum waar alle transformasiestrukture aan ons Universiteit – ingesluit dié wat nie op die ITK verteenwoordig word nie – ontmoet en nadink oor die algehele vordering wat gedurende die betrokke jaar gemaak is(of nie). Die Indaba dien as 'n belangrike barometer vir ervarings van transformasie by ons Universiteit en bied as sodanig belangrike insette vir refleksie en beplanning. Die doelwitte van die Indaba is om:

  • 'n kollektiewe verantwoordelikheid vir transformasie-implementering en -vordering in te skerp;
  • met personeel en studente oor transformasievordering en -uitdagings wat ervaar word, te gesels; en
  • prioriteite vir die daaropvolgende jaar se transformasiewerk te bepaal.

 

Datum: 20 Oktober 2022

Plek:      STIAS, 10 Marais Weg, Stellenbosch

Tyd:       09:00 – 16:00

Klik hier om te registeer

Transformation Indaba Programme 2022.jpg