Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
James Webb-ruimteteleskoop: wat sien ons en wat beteken dit?
Begin: 13/10/2022, 18:30
Einde: 13/10/2022, 19:30
Kontak:Wiida Fourie-Basson -
Plek: US Museum vierkant, Van Ryneveld Straat

Sedert Julie vanjaar stuur die James Webb-ruimteteleskoop asemrowende beelde van antieke sterrestelsels, tot 13 miljard jaar oud, na die aarde. Dave Pepler vra vir Dr Anslyn John van die US se Departement Fisika oor die betekenis van hierdie beelde vir die wetenskap én die mensdom.  

Die Stellenbosch Wetenskapskafee is ’n inisiatief van die US se Fakulteit Natuurwetenskappe om gesprekke oor wetenskaplike kwessies te voer in ’n taal wat almal kan verstaan. 

Volg ons op Facebook of stuur 'n epos aan science@sun.ac.za om op hoogte te bly.