As deel van ons eeufeesjaar, nooi die Departement Afrikaans en Nederlands graag alle belangstellendes na ons eerste Kollokwium sedert die begin van die pandemie.
Vier Afrikaans skrywers, Jolyn Phillips, Alettie van den Heever, Ryan Pedro
en SJ Naude bespreek hoe hulle Suid(er)-Afrika in 2050 verbeel.
Sal
die eerste vyftig jaar van die eeu so ingrypend wees soos die eerste vyfgtig jaar
van die twintigste eeu? Hoe sien ons wêreld daar uit polities,
kultureel, ekonomies, ekologies, sosiaal-maatskaplik? Watter tale praat
ons in 2050? Hoe lyk die natuurlandskap? Hoe lyk Milnerton, Mitchells
Plain, Mosselbaai? Hoe lyk die verdeling tussen arm en ryk? Het ons 24/7
beurtkrag, of is energievoorsiening soos ons dit ken iets van die
verlede?
Kom luister na ons vier skrywers wat hul visie krities dog speels in prosa en poësie uiteensit.
Datum: 4 Oktober 2022
Tyd: 19:00 vir 19:30
Plek: Fismersaal, Konservatorium
RSVP:
Dr Alfred Schaffer