Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Jaarlikse Afrikadag-lesing: 'Towards a connected Africa'
Begin: 31/05/2022, 17:00
Einde: 31/05/2022, 18:30
Kontak:Dr Azille Coetzee -
Plek: Online

​Afrikadag is die jaarlikse herdenking van die stigting van die Organisasie vir Afrika-eenheid (OAE) in 1963, die voorganger van vandag se Afrika-unie (AU). Op Afrikadag (25 Mei) vier ons die suksesse van die OAE en die AU, sowel as die vordering wat die vasteland gemaak het in die stryd teen kolonialisme en apartheid, terwyl ons nadink oor die uitdagings wat steeds bestaan. Die Universiteit Stellenbosch herdenk Afrikadag met die Jaarlikse Afrikadag-lesing, ’n reeks wat aangebied word deur die Visekanselier, prof Wim de Villiers, en gesamentlik gekoördineer word deur die Centre for the Study of the Afterlife of Violence and the Reparative Quest (AVReQ) en die Centre for Collaboration in Africa.

Hierdie jaar sal dr Chidi Achebe die vierde Jaarlikse Afrikadag-lesing lewer, getiteld “Die Intellektueel as Nasiebouer”. Die lesing sal aanlyn plaasvind op 31 Mei vanaf 17:00 tot 18:30 (SAST).

Dr Achebe is die uitvoerende hoof van African Integrated Development Enterprise, ’n organisasie gerig op die ontwikkeling Afrika, met ’n spesifieke fokus op gesondheidsorg, opvoeding, landbou en telekommunikasie. Sy unieke implementering van “medisyne sonder grense” is vereer met toonaangewende toekennings, insluitende die Dartmouth College Martin Luther King-toekenning en die John en Samuel Bard-toekenning in Geneeskunde en Wetenskap. Soos sy pa, professor Chinua Achebe (die Nigeriese skrywer wat bekend staan as sleutelfiguur in Afrika-letterkunde), word Achebe beskou as ’n pan-Afrikanis met diepgaande toewyding tot die emansipasie van Afrika.

In sy lesing “Die Intellektueel as Nasiebouer,” sal Achebe nadink oor die kontraste tussen Afrika se glorieryke verlede in vergelyking met sommige van die hedendaagse realiteite. Hy vra: Hoe word ’n kontinent wat eens verteenwoordig is deur iemand soos Keiser Mansa Musa van Mali (moontlik die rykste man in die geskiedenis, wat soveel goud versprei het tydens sy pelgrimstog na Mekka dat die prys van goud gedevalueer is vir ’n hele generasie mense in die Midde-Ooste) vandag die beliggaming van armoede, siekte, chaos en korrupsie? Hoe het tuisgemaakte probleme soos militêre staatsgrepe, korrupsie en swak leierskap op die vasteland gelei na Afrika se onderontwikkeling? Hoe het “eksterne” kragte en die nalatenskap van slawerny en kolonialisme bygedra tot die huidige stand van sake? Hoe het ons tot hier gekom en wat kan gedoen word om die verknorsing waarin Afrika haarself bevind aan te spreek?

In sy lesing sal Achebe ons deur verskeie eeue neem om Afrika se vindingrykheid, kreatiwiteit en deurslaggewende bydrae toe die wêreldbeskawing te vier. Hy sal die sentrale rol van die intellektueel in nasiebou ondersoek; en worstel met die mislukking (ten minste tot op hede) van die intellektuele stand in Afrika om die kontinent uit haar huidige toestand te red (ten spyte van hul vele ander suksesse). Vir Achebe beteken dit nie dat ons moed moet verloor in die Afrika-intellektueel se vermoë om Afrika in die 21ste eeu na welstand te lei nie. Maar, so ’n nuwe intellektuele leier moet anders wees as haar voorgangers – dit moet ’n leier wees wat dien en wat die kompleksiteit van globale politiek verstaan – en iemand wat in staat sal wees daartoe om die fyn lyn tussen voorspraak vir die emansipasie van Afrika en ontwikkeling; en ’n visie vir vriendskap met alle nasies, te loop. In hierdie lesing sal Achebe ook nadink oor die uitdagings wat Afrika in die gesig staar rn hy sal vra wat die pad vorentoe is vir Afrika – wat verg die bou van ’n nuwe toekoms van die kontinent en haar intellektuele?

Die lesing sal op Dinsdag 31 Mei 2022 vanaf 17:00 tot 18:30 ​plaasvind. Om aanlyn in te skakel, kliek hier.​