Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Virtuele Seminaar oor Leer- en Onderrigverryking
Begin: 21/10/2021, 13:00
Einde: 21/10/2021, 14:00
Kontak:Anthea Jacobs -
Plek: Microsoft Teams Meeting

U word uitgenooi na die vierde en laaste seminaar van die Virtuele Seminare vir Leer- en Onderrigverryking vir 2021, onder beskerming van die Viserektor (L&O), Prof Deresh Ramjugernath, en die Afdeling Leer- en Onderrigverryking. 

Onderwerp

ʼn Heeltemal nuwe wêreld: Oorbrug die gaping tussen kritiese digitale onderrigmetodiek en die (nuwe) geoutomatiseerde virtuele onderrig- en leeromgewing​

Aanbieder

Dr Sonja Strydom

​Dr Sonja Strydom is die Adjunk-Direkteur (Akademiese Ontwikkeling en Navorsing) by die Sentrum vir Leertegnologieë asook 'n Navorsingsgenoot by die Sentrum vir Hoër en Volwassene Onderwys. Sy het 'n DLitt et Phil in Sielkunde en 'n PhD in Kurrikulumstudie verwerf. Sonja doseer in 'n verskeidenheid nasionale- en internasionale nagraadse kursusse. Haar huidige navorsingsbelangstelling is tegnologie-gemedieërde kurrikulumontwikkeling, kritiese oorwegings in die geoutomatiseerde klaskamer en digitale welstand.

 

Reklameteks

Daar is al heelwat oor die Vierde Industriële Revolusie, outomatisering en een-en-twintigste-eeuse vaardighede geskryf. Hierdie narratiewe het ook al hulle weg gebaan na die gebied van die hoër onderwys. Wêreldwyd word daar van hoëronderwysinstellings verwag om vooruitdenkend te wees en nuwe tegnologiese vooruitgang, soos kunsmatige intelligensie en masjienleer, aan te gryp. Hierdie seminaar sal beklemtoon hoe belangrik dit is om hierdie twee wêrelde krities in oënskou te neem. Dit vereis dat ons op die unieke kontekstuele behoeftes van studente in verskillende instellings reageer, terwyl ons terselfdertyd ʼn dieper begrip ontwikkel van die geleenthede en impak wat outomatisering, en spesifiek kunsmatige intelligensie, in onderwys kan bied. Die seminaar kan beskou word as die eerste stap in die bewusmaking van en die aanvoor van die bespreking oor hierdie belangrike komponente, en oor hoe ons as dosente en professionele administratiewe steundienstepersoneel, steeds binne die Universiteit Stellenbosch en die breër leeromgewing in hoër onderwys hierop kan reageer.

 

Tyd: 13:00 – 14:00, 21 Oktober 2021 op MS Teams 

Skakel vir die Microsoft Teams vergadering 

Klik hierdie skakel om by die seminaar aan te sluit
 

Navrae: Anthea Jacobs (jacobsa@sun.ac.za)