Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL) Virtuele Konferensie 8 - 10 November
Begin: 08/11/2021, 08:00
Einde: 10/11/2021, 16:00
Kontak:Anthea Jacobs - 0218084502
Plek: MS Teams

AvOL 2021: Sluitingsdatum vir indiening van abstrakte uitgestel tot 3 September 2021

Neem asb. kennis dat die sluitingsdatum vir die indiening van abstrakte vir die 2021 AvOL konferensie uitgestel is tot Vrydag 3 September 2021.

Die Universiteit van Stellenbosch (US) se jaarlikse konferensie oor die Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL) sal op 9 en 10 November plaasvind. Voorkonferensiewerkswinkels sal op 8 Oktober 2021 aangebied word. Die konferensie sal virtueel op MS Teams plaasvind, en is gratis vir US akademici.

Die tema vir hierdie jaar se konferensie is “(Your) Assessment Matters". Die hoofrede sal deur Professor David Boud, welbekende akademikus in die veld van assessering, gelewer word. Die opsomming van sy hoofrede is hier beskikbaar.

Registreer asseblief vir die konferensie en dien jou abstrak voor 3 September hier in!

​Navrae: sotl@sun.ac.za

Kyk gerus hierdie video vir meer inligting.

Besoek asseblief die AvOL-webwerf vir meer inligting en om registreer vir die konferensie.

SoTL 2021 announcement.jpg