Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
'Multilingualism in Ancient Contexts' Boekbekendstelling
Begin: 29/04/2021, 17:00
Einde: 29/04/2021, 18:00
Kontak:Wikus van Zyl - +27 21 201 0071
Plek: https://us02web.zoom.us/webinar/register/WN_rMsLTDIVTtO_1z2AbebOuw

Skakel in op die bekendstelling van 'Multilingualism in Ancient Contexts: Perspectives from Ancient Near Eastern and Early Christian Contexts'. Veeltaligheid bly ’n netelige kwessie in baie kontekste, soos kultureel, polities, en opvoedkundig. Debatte en diskoerse oor hierdie kwessie in kontekste van diversiteit (veral in multikulturele gemeenskappe, maar ook in immigrasie-situasies) word dikwels gevoer met inagneming van hedendaagse kommunikasie en opvoedkundige behoeftes. Dit is niks nuuts nie. Daar is ’n wye verskeidenheid voorbeelde uit die antieke Wes-Asiese en Mediterreense wêreld wat getuig van dieselfde debatte in lank vergane gemeenskappe. Kan ’n ondersoek na die linguistieke landskappe van antieke gemeenskappe enige lig werp op ons huidige debatte en diskoerse? Hierdie volume stel voor dat dit wel die geval is. Registreer by: https://us02web.zoom.us/webinar/register/WN_rMsLTDIVTtO_1z2AbebOuw