Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Middaguur-netwerkgeleentheid
Begin: 10/07/2019, 12:30
Einde: 10/07/2019, 14:30
Kontak:Natasha Coltman - 0218083691
Plek: Stellenbosch University Museum

​Die Universiteit Stellenbosch Museum in samewerking met die Wes-Kaapse Departement Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme nooi almal uit na 'n middaguur-netwerkgeleentheid vir alle ingeskrewe toerorganiseerders en toergidse in die Wes-Kaap.

Datum:            10 Julie 2019

Plek:                Universiteitsmuseum (Sasol Kunsmuseum)

Ryneveldstraat 52, Stellenbosch

Tyd:                 12:30 – 14:30

 

Die Direkteur van die Universiteitsmuseum en die Registrateur van Wes-Kaap Toergidsregistrasie is u gashere. Die uitnodiging is bedoel om 'n geleentheid vir toerorganiseerders en toergidse te skep waar u mekaar kan leer ken en met sleutelspelers in die bedryf kan netwerke bou.

 

Daar sal ligte versnaperings met kaas en wyn wees, gevolg deur musikale vermaak.

 

As u plek vir uself en 'n metgesel wil bespreek, antwoord asseblief met 'n e-pos na mev Verna Vlotman by verna.vlotman@westerncape.gov.za.