Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Skep aanbiedings met selfvertroue
Begin: 03/11/2022, 09:00
Einde: 04/11/2022, 16:00
Kontak:Michelle Pieters - 021 808 2812
Plek: Language Centre Seminar Room, Kleine Bosch, 44 Banhoek Road, Stellenbosch

Waarop fokus hierdie kursus?

In hierdie praktiese kursus, aangebied deur die Taalsentrum se Kommunikasielab, sal jy leer hoe om geslaagde, boeiende aanbiedings te ontwikkel en aan te bied. Jy sal waardevolle aanbiedingsbeginsels onder die knie kry en grondige teoretiese en praktiese kennis opdoen.

Die kursus sal jou help om:

·       jou persoonlike styl en stempel in jou aanbiedings oor te dra

·       te weet hoe belangrik liggaamstaal, handgebare, postuur en funksionele beweging is en hoe om dit te gebruik

·       grondige kennis van verskeie aanbiedingsmetodes en -strukture te ontwikkel

·       jou aanbieding visueel op te kikker om jou gehoor te boei.

ʼn Sertifikaat van bevoegdheid sal na suksesvolle voltooiing van die kursus uitgereik word. 

Wie is die aanbieder?

Eduard de Kock is ʼn uitstekende aanbieder, tolk, kommunikasie-kursusdosent en -fasiliteerder. Hy is boonop ʼn ervare seremoniemeester en vryskutnuusleser en -verslaggewer vir Eyewitness News

Wie kan dit bywoon en watter loopbaanvoordele hou dit in?

Indien jy aanbiedings duidelik en selfversekerd wil aanbied, dan is hierdie kursus vir jou! Ons beperk die aantal deelnemers om optimale leer te verseker.

Die kontaksessies word deur ʼn aanlyn komponent aangevul, en alle aspekte van die kursus word geassesseer.

Is daar enige voorvereistes?

Jy sal toegang tot ʼn rekenaar moet hê en jy sal ook elektroniese dokumente moet kan skep.

Waar en wanneer vind hierdie kursus plaas?

Hierdie intieme tweedagkursus vind plaas van 09:00 tot 16:00 op die volgende datums in die Taalsentrum se Seminaarkamer in Kleine Bosch, Banhoekweg 44, Stellenbosch:

 

Duur van die kursus

(openings- en sluitingsdatums)

Kontakdae

(09:00 tot 16:00)
Skryf in voor
Kursus 1: 25 Maart tot 15 April31 Maart en 1 April10 Maart
Kursus 2:26 Mei tot 17 Junie2 en 3 Junie12 Mei
Kursus 3:1 tot 23 September8 en 9 September18 Augustus
Kursus 4:27 Oktober tot 18 November3 en 4 November13 Oktober

Stel jy belang?

Klik hier https://bit.ly/2022_PRES_Infopage_forms en voltooi die vorm indien jy belangstel om hierdie kursus by te woon. Ons sal jou kontak met die skakel om in te skryf.

Enige verdere vrae?

Skakel met Michelle Pieters vir meer besonderhede by michellep@sun.ac.za of 021 808 2812. Jy kan ook jou spesifieke kortkursus- en ontwikkelingsbehoeftes met ons bespreek. Doen gerus navraag oor beskikbare kortkursusse, datums en die moontlikheid van pasgemaakte kursusse.