Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Woordpret at the Woordeboek van die Afrikaanse Taal on 15 March 201
Begin: 15/03/2019, 12:30
Einde: 15/03/2019, 13:45
Kontak: - 0218873113
Plek: Bureau of the WAT

John Scott, tans die skrywer van die rubriek PS in Die Burger se By op Saterdae, is op 15 Maart die gasspreker by die WAT se volgende Woordpret.  Scott was 48 jaar verbonde aan die Cape Times, onder andere as redakteur, en sal in Afrikaans gesels oor van die interessante mense en gebeure wat hy beleef het in sy loopbaan as koerantman. Hy is ʼn satirikus van formaat en humor sal aan die orde van die dag wees.

Anika de Goede van Hermanuspietersfontein Wingerde sal van hul uitsoekwyne kom bekendstel en wyn, sap en ligte verversings is vanaf 12:30 beskikbaar. John kom om 13:00 aan die beurt. Die program duur ongeveer 45 min. en sal dus voor 13:45 ten einde loop. 

Kaartjies kos R30 en daar is sitplek vir slegs 50 persone.  Skakel Susan of Tanja voor 14 Maart by 021 887 3113 of kontak die WAT by wat@sun.ac.za om u sitplek te bespreek.  Die Buro van die WAT is in Banghoekweg 115, Stellenbosch.