Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Indringerbome in ons opvanggebiede
Begin: 07/03/2019, 18:30
Einde: 07/03/2019, 19:30
Kontak:Wiida Fourie-Basson - 021 808 2684
Plek: Die Plataan, Van Ryneveldstraat

In Suid-Afrika verminder indringerplante soos dennebome en Australiese akasias die afloop van oppervlakwater met tussen 1 500 en 2 500 miljoen kubieke meter per jaar – die ekwivalent van die Pongolapoortdam in KwaZulu-Natal. Wat word gedoen om die probleem aan te spreek, en hoe suksesvol is hierdie pogings? Dave Pepler vra die moeilike vra aan prof. Brian van Wilgen (DWT-NNS Sentrum van Uitnemendheid vir Indringerbiologie), dr. David le Maitre (WNNR) en dr. Christine Colvin (WWF), tydens die laaste Science Café Stellenbosch van Woordfees 2019.

  • Science Café Stellenbosch is 'n inisiatief van die US se Fakulteit Natuurwetenskappe om gesprekke oor wetenskaplike kwessies aan te moedig, in 'n taal wat almal kan verstaan.
  • Toegang is gratis, maar kom vroegtydig en bestel solank 'n glasie wyn.
  • Aangesien al die sprekers Engelssprekend is, sal die gesprek hoofsaaklik in Engels plaasvind. Vrae wat in Afrikaans sgestel word, sal egter sover moontlik in Afrikaans beantwoord word.​
  • Volg ons op Facebook vir nog interessante artikels en gesprekke oor die wetenskap - ​https://www.facebook.com/ScienceCafeStellenbosch/
​​​