Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Tuiskoms-konsert met Zoid, Patlansky en Kahn
Begin: 01/03/2019, 20:00
Einde: 01/03/2019, 23:00
Kontak:Marvin Koopman - 021 808 9265
Plek: Coetzenburg
Die 20ste US Woordfees skop uitbundig af met die plesierige moeder van alle buitelugkonsert-makieties. Vrydagaand neem Karen Zoid, Dan Patlansky en Kahn Morbee van The Parlotones Coetzenburg op horings. 

Dis jou kans om die president van Zoid Afrika en haar veelsydige repertoire van eie treff ers en vindingryke herverbeeldings van ou gunstelinge te beleef saam met Suid-Afrika se eie Stevie Ray Vaughan – Dan Patlansky, wie se internasionale deurbraak-album, Dear Silence Thieves, in 2014 die gesaghebbende Amerikaanse Blues Rock Review se plaat van die jaar was. Kahn Morbee is die derde element in hierdie wenkombinasie en die gehoor kan, onder meer, uitsien na sy duettreffer saam met Zoid, “We Could Be Divine”. 

Dit gaan pop, rock en swaai in ’n nag vol bruisende musiek en verrassings.
Koste:
R120 (alumni, studente & US-personeel)
R150–R220 | R180–R250 by die deur

Bespreek jou kaartjies hier: https://online.computicket.com/web/event/zoid_patlansky_en_khan/1276597676/
Vir meer Tuiskoms-geleenthede besoek: http://www.matiesalumni.com