Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
2019 Sosiale Impak Simposium
Begin: 06/09/2019, 08:30
Einde: 06/09/2019, 15:30
Kontak:RSVP via link below -
Plek: STIAS, 10 Marais Road, Stellenbosch

Die Afdeling vir Sosiale Impak nooi u vriendelik uit na die jaarlikse Sosiale Impak Simposium.

Tema: Sosiale Impak deur Leer en Onderrig, en Navorsing: Bevordering van Etiese Vennootskappe

Doel: Die doel van die simposium is tweeledig:

 

  • Om te besin oor vordering met die implementering van sosiale impak (SI) as ʼn strategiese prioriteit van die Universiteit Stellenbosch (US) deur leer en onderrig, en navorsing
  • Om beter begrip te verkry van die manier waarop SI-inisiatiewe deur etiese en doelgerigte vennootskappe geïmplementeer word.

 

Uitkomste: Die uitkomste van die simposium is:

 

  • verdere vaslegging van die US Visie 2040 en die Strategiese Raamwerk (2019–2024);
  • profilering, aanbieding en optekening van gevallestudievoorbeelde van beste praktyke verbonde aan inisiatiewe in die SI-paradigma;
  • die skep van beter begrip van verskillende praktyke in die implementering van SI-inisiatiewe in leer en onderrig, en navorsing;
  • aanmoediging en stimulering van gesprekke onder interne belanghebbendes;
  • die aanpak van kritieke onderwerpe wat die US se omvattende impak op die samelewing beïnvloed; en
  • die ontwikkeling van ʼn stel beginsels wat die SI- etiese diskoers(e) en toepaslike protokols sal rig.

Program beskikbaar hier.

 

Voltooi hierdie vorm​ om hierdie geleentheid by te woon.