Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Casual Day Hero Spele
Begin: 07/09/2018, 11:00
Einde: 07/09/2018, 14:00
Kontak:Ms Grizelda Adams -
Plek: SU Rooiplein

Moenie vergeet om u fakulteit of afdeling se span in te skryf vir die US se Casual Day Hero Games nie. Dit vind plaas op 7 September 2018 vanaf 11h00 tot 14h00 op die Rooiplein. Hierdie jaar se Casual Day tema is "Be An Everyday Hero".

Ons wil graag ALLE afdelings en fakulteite aanmoedig om deel te neem en 'n span van 6 spelers in te skryf. Daar is baie pryse op die spel! Voltooi asseblief die Google vorm deur op hierdie skakel te klik: https://goo.gl/forms/R5SM8Oxx4TuxtpfV2 of skakel me Grizelda Adams (grizeldaa@sun.ac.za) indien u hulp nodig het. Vanjaar het ons ook die blinde boulers van die WP boulspan wat enige twee spanne van 4 spelers sal uitdaag om teen hulle te speel vir 'n spesiale prys.

U is ook welkom om die geleentheid op u eie of saam met kollegas van ander afdelings by te woon, daar sal 'n aantal stalletjies en 'n DJ wees. Die enigste vereistes vir bywoning en deelname is natuurlik die R10 Casual Day plakker!

Koop u plakkers by Ms Mamabolo in HR Wellness (shibu@sun.ac.za​ of X4824).