Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Monteverdi’s Vespers
Begin: 01/09/2018, 20:00
Einde: 02/09/2018, 16:30
Kontak:Fiona Grayer - 0218082358
Plek: Endler Hall

Op 1 and 2 September sal die plaaslike Schola Cantorum, in samewerking met die Kamerkoor Lucente van München en die SU Camerata (met historiese instrumente) Claudio Monteverdi se Vespers in die Endlersaal aanbied. Die ensemble staan onder die leiding van Martin Berger.

 

Hierdie grootse werk uit Venesië is stilisties 'n skakel tussen die Renaissance en die Barok, en word allerweë beskou as die belangrikste religieuse musiek voor dié van Sebastian Bach. Monteverdi kan in eie reg gesien word as wat byna op eie houtjie die musiekstyl in 'n nuwe rigting gestuur het. Steeds met behulp van die middele eie aan die musikale Renaissance het hy 'n unieke klem op die emosionele uitdrukking deur middel van musiek geplaas, wat sedertdien bekend sou staan as Barok.

 

Die Vespers – die aandgebed van die daaglikse Officium – is 'n omvangryke werk (sowat 90 minute) vir orkes, kamerkoor en vokale soliste – en gebaseer op Bybeltekste, veral die sensuele poësie uit die Hoogliedere van Salomo. Die soliste vir die geleentheid is Caroline Nkwe, Lente Louw, Ulrike Malotta, Georg Poplutz, Christian Rathgeber en Felix Rathgeber.

 

Die uitvoerings word aangebied danksy die vriendelike ondersteuning van die Goethe Institut, die ProCoroAfrika Stigting en ASK Afrika.

 

Die uitvoerings vind plaas op Saterdag 1 September om 20:00 en op Sondag 2 September om 16:30 in die Endlersaal, Stellenbosch.

 

Kaartjies teen R140 (gewoon) en R100 (studente en pensioenarisse) is nou beskikbaar by Computicket, en by die deur. Vir verdere inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.