Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Ons ontmoet alumni in Dallas
Begin: 19/04/2018, 18:30
Einde: 19/04/2018, 21:00
Kontak:Reanne Olivier - +1 516-619-6022
Plek: Ocean Prime, 2101 Cedar Springs Rd., Dallas, Texas 75201
Is jy dalk in Dallas? Die Universiteit Stellenbosch se Afdeling Alumni-betrekkinge nooi jou en ’n metgesel uit om by ander VSA-gebaseerde Maties en vriende in Dallas en die omliggende gebiede aan te sluit en ’n tikkie nostalgie te beleef terwyl jy weer met mede-Maties in aanraking kom en daardie kenmerkend Suid-Afrikaanse gees deel.
 
RSVP is noodsaaklik vanweë beperkte kapasiteit by die onthaallokaal, so bespreek asseblief. Klik hier om te RSVP. Onthou om spesiale dieetvoorkeure aan te dui. Rig enige navrae aan Reanne Olivier by reanne@sun.ac.za of telefoon +1 516 619 6022.