Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Gee jou PowerPoint-aanbieding vlerke
Begin: 20/02/2018, 13:00
Einde: 12/03/2018, 13:00
Kontak: - 021 808 2222
Plek: HUMARGA, 3rd Floor, Arts Building/3de Vloer, Lettere en Sosiale Wetenskappegebou

​Goed, jy het die basiese funksies van PowerPoint onder die knie. Hoe nou gemaak om jou vaardighede te slyp om jou kursusinhoud en jou aanbiedings te verryk? Die Sentrum vir Leertegnologieë (www.sun.ac.za/slt) bied 'n praktiese werksessie aan waarin ons jou wys hoe om jou grafika te verander, videosnitte in te voeg (van jou kamera of van YouTube afgelaai), basiese redigeerwerk aan sulke snitte te doen en musiek, oorgange, animasie en videotipe simulasies in te voeg om jou aanbiedings meer interaktief te maak, asook hoe om you aanbieding as 'n videogreep te verpak. Ons deel met jou 'n paar aanbiedingswenke en gesels oor ontwerperskwessies. Ons wys jou ook kort paaie, hoe om vinnig en maklik 'n nuwe aanbieding te maak. Jy is welkom om jou eie grafika, videosnitte of musieklêers op 'n geheuestokkie saam te bring as jy daarmee wil werk. Andersins sal ons materiaal verskaf waarmee jy kan oefen. Hierdie werkswinkel is slegs vir huidge US dosente.​

Registreer asb aanlyn by: https://forms.office.com/Pages/ResponsePage.aspx?id=Azv6pjwKWEKEM6Eg3_zTSCZlhl17lLJMqNUbiseC-E1UODUxVjU4QTUxUlBPTFZONkFSTFVBV1Q0OCQlQCN0PWcu