Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Persoonlike bemarkings & LinkedIn Werksessie
Begin: 22/02/2018, 13:00
Einde: 22/02/2018, 14:00
Kontak:Delisha Van Neel - 021 808 3568,
Plek: 43 Victoria Street, Career Services, Career Hub

​'n Persoonlike en aanlyn handelsmerk is ewe belangrik in enige werksoeker se profiel. Gee jou aanlyn-handelsmerk nog meer aandag aangesien dit nie net werkgewers binne  jou onmiddelike omgewing bereik nie, maar geleenthede vir  voornemende werkgewers wêreldwyd skep om jou profiel na te gaan. Het jy gedink oor watter indruk jy jou voornemende werkgewers oor jouself gee? Woon een van ons sessies by.

 

Die Eenheid vir Graduandi-loopbaandienste bied die volgende sessies aan om studente te help om hulle beter voor te berei vir toetrede tot die wêreld van werk, Werksoekvaardigheids, CV Skryf, Dekbrief Skryf, Onderhoudsvaardighede en Persoonlike Branding. Die sessies word aangebied in groter groepe van 15, kleiner groepe van 5 vir beter interaksie en indien die behoefte ontstaan, individuele sessies.

Ten einde ʼn meer direkte en geïndividualiseerde benadering in beide die kleiner en individuele sessies te verseker, word studente aangemoedig om hu konsep CV ten minste 3 dae voor die tyd te epos, sodat die fasiliteerder die sessie kan aanpas vir die persoonlike behoeftes van die bywoners.

Epos asb. jou konsep CV aan Thobeka Msi by stm@sun.ac.za

Kursus onkostes en Betalingsprosedure

Alhoewel daar geen kostes verbonde is aan hierdie werksessies nie, is dit baie belangrik dat studente moet registreer vir die werksessie(s) by die Eenheid vir Graduandi-loopbaandienste, Victoriastraat 43. Registrasie vir die werksessies maak oop Maandag 5 Februarie 2018.

Kontak gerus vir Delisha van Neel by 021 808 3568, indien jy meer inligting oor die sessies benodig.