AgriScience
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Departement Wingerd- en Wynkunde & Instituut vir Wynbiotegnologie

Wat is Wingerd- en Wynkunde?

Wynkunde is die wetenskap en studie van alle aspekte van wyn en wynmaak en wingerdkunde behels die kweek van wingerd en die oes van druiwe.  "Wingerd- en wynkunde" is die algemene benaming vir opleidingsprogramme en navorsingsentra wat die hele bedryf insluit.​

Departement W​​​ingerd- en Wynkunde​ (DWW)

Die Departement Wingerd- en Wynkunde (DWW) is die enigste universiteitsdepartement in Suid-Afrika wat voorgraadse- en nagraadse kursusse in Wingerd- en Wynkunde aanbied.  Die Department het goed toegeruste fasiliteite tot sy beskikking wat eksperimentele en kommersiële wingerde, 'n kleinskaalse eksperimentele kelder vir onderrig en 'n nywerheidskaal kelder vir navorsings- en opleidingsdoeleindes insluit.  Navorsingsprojekte word gerugsteun deur mededingende toekennings aan die Department van die kant van nywerheids- en regeringsinstansies.  Die Departement geniet nasionale en internasionale erkenning en handhaaf noue bande en navorsingsamewerking met talle nasionale en internasionale universiteite en navorsingsinstansies. Die uitruil van studente en personeel, en vele gesamentlike navorsingsprojekte word moontlik gemaak deur onderlinge ooreenkomste.​


Instituut vir Wynbiotegnologie (IWBT)​

Die Instituut vir Wynbiotegnologie (IWBT) is as deel van 'n kennisvennootskap en strategiese alliansie tussen die Universiteit Stellenbosch, die wynbedryf en die Suid-Afrikaanse regering in 1995 gevestig.  Die IWBT is 'n internasionaleal erkende nagraadse onderrrig- en navorsingsinstituut.

Program Inligting

Voorgraadse Progr​​amme​                        

  • BScAgric Wingerd- en Wynkunde (Algemeen)
  • BScAgric Wynkunde (Gespesialiseerd)                                                                             

Nagraadse Programme

  • MSc of MScAgric
  • PhD
  • DSc

Navorsing

Die hoofdoel van die navorsingsaktiwiteite in die Departement is om 'n bydrae te lewer om die Suid-Afrikaanse bedryf in staat te stel om op die koste-doeltreffenste wyse wyn- en wingerdprodukte van hoë gehalte te lewer met die hulp van omgewingsvriendelike tegnologieë.  Bedryfsgekoppelde navorsing wat deur middel van tegnologie-oordrag aan die bedryf geïmplementeer kan word, word voortdurend onderneem.

Die navorsing is multidissiplinêr en integ​reer tradisionele wyn- en wingerdkunde met vakrigtings soos fisiologie, biochemie, molokulêre biologie en biotegnologie van wingerd, suurdeeg- en melksuurbakterieë, wynchemie, sensoriese wetenskappe en besyferingsbiologie.

Wingerdkunde. Die wingerdbou-navorsing wat deur die Departement onderneem word, is ingestel op die ontwikkeling van nuwe, innoverende en toepaslike kennis van die wingerdstok en die kweking daarvan.  Die navorsing en eksperimentering in die veld van wingerdwetenskappe (wyn en tafeldruiwe) fokus op die effek van abiotiese faktore (lig, temperatuur, wind en water) op die ekofisiologie van wingerdstokfunksionering, korrelgroei en samestelling.

Wynkunde. Die wynkundenavorsing fokus op die invloed van die wynmaakproses (soos suurstoftoevoegings), mikro-organismes (suurdeeg en bakterieë), bymiddels (soos ensieme en CMC) en rypheid op wynsamestelling, styl en gehalte, sowel as die invloed van verskeie faktore op wynveroudering. Navorsers werk nou saam met vennote in die bedryf en help probleme oplos waarmee wynmakers op 'n fundamentele en 'n praktiese vlak te doen kry.

'n Omvattende lys van alle navorsingsartikels is beskikbaar by http://www.sun.ac.za/research/en/research-report


Kontakbesonderhede

Departement Departement Wingerd- en Wynkunde (DWW)

Fakulteit AgriWetenskappe
Universiteit Stellenbosch
Privaatsak X1, 7602 Matieland, Suid-Afrika

Tel: +27 (0) 21 808 4545  |  E-pos: gburton@sun.ac.za           
Web:  http://www.sun.ac.za/english/faculty/agri/viticulture-oenology/

 

Instituut vir Wynbiotegnologie (IWBT)

Fakulteit AgriWetenskappe
Universiteit Stellenbosch
Privaatsak X1, 7602 Matieland, Suid-Afrika

Tel:  +27 (0) 21 808 3770    |    E-pos:  lorette@sun.ac.za  
Web: http://www.sun.ac.za/english/faculty/agri/wine-biotech/

Personeel​

Akademiese Personeel

NaamTel.E-posFokus area

Eunice Avenant

021 808 4784avenant@sun.ac.zaTable Grapes
Prof Florian Bauer021 808 4346fb2@sun.ac.zaYeast Molecular and Cellular Biology
Dr Erna Blancquaert021 808 4711ewitbooi@sun.ac.zaViticulture
Dr Astrid Buica021 808 9201abuica@sun.ac.zaOenology; Analytical Chemistry
Prof Benoit Divol021 808 3141divol@sun.ac.zaWine Microbiology; Departmental Chairperson
Prof Maret du Toit021 808 3772mdt@sun.ac.zaWine Microbiology and Biopreservation
Prof Wessel du Toit021 808 2022wdutoit@sun.ac.zaWine Chemistry
Prof Antonio Ferreira+351225580001antoniof@sun.ac.zaFlavour Chemistry
Marianne McKay021 808 3774marianne@sun.ac.zaWine Chemistry, Wine Aroma, Sensory Evaluation
Dr John Moore021 8082733moorejp@sun.ac.zaGrapevine Biochemistry, Metabolomics
Dr Hélène Nieuwoudt021 808 2748hhn@sun.ac.zaSpectroscopy
​Dr Carlos Poblete-Escheverria
​021 808 2747
​cpe@sun.ac.za​Viticulture
Dr Evodia Setati021 808 9203setati@sunWine Microbiology
Dr Albert Strever021 808 4730aestr@sun.ac.zaGrapevine Cultivation and Remote Sensing
Prof Melané Vivier021 808 3773mav@sun.ac.zaGrapevine Molecular and Cellular Biology
Dr Philip Young021 808 9204pryoung@sun.ac.zaGrapevine Molecular Physiology, Biotechnology

Tegniese Personeel

Naam

Tel.

E-posLaboratorium
Anne Alessandri021 808 2748anneb@sun.ac.zaLiaison Officer: Viticulture & Oenology Internships
Jeanne Brand021 808 2571jeanne@sun.ac.zaSensory Lab
Lynn Engelbrecht021 808 9212lynn@sun.ac.zaBacteriology Lab
Samantha Fairbairn021 808 9200fairbairn@sun.ac.zaFermentation Lab
Olwethu Fana021 808 2671fana@sun.ac.zaSensory Lab
Hugh Jumat021 808 9249hugh@sun.ac.zaChemical Analytical Lab
Krynauw Stevie021 772 3769skrynauw@sun.ac.zaProgram analyst
Michelle Korkie021 808 3796mkorkie@sun.ac.zaTissue-culture Lab
Lindani Kotobe021 808 4786lindani@sun.ac.zaQuality Control Lab
Edmund Lakey021 808 4672elakey@sun.ac.zaOenology; Experimental Cellar
Wandisa Maxiti021 808 2671maxiti@sun.ac.zaSensory Lab
Marisa Nell021 808 9205mnell@sun.ac.zaOenology; Experimental Cellar
Valeria Panzeri021 808 9206panzeri@sun.ac.zaSensory Lab
Hendrik September021 808 4868 Welgevallen Vineyards
William Smith021-808 2925 Welgevallen Cellar
Candice Stilwaney021 808 3824cmockert@sun.ac.zaFermentation Lab
Dirk Swarts021 808 4868 Technical Assistant, Welgevallen Vineyards
Andy van Wyk021 808 4672andy@sun.ac.zaExperimental Cellar
Riaan Wassüng021 808 2925rfw@sun.ac.zaCellar Master, Welgevallen Cellar
Anke Berry021 808 9199avm@sun.ac.zaViticulture Lab
Dr Anscha Zietsman021 808 3824jjv2@sun.ac.zaGrapevine Molecular Lab


Administratiewe Personeel

NaamTel.E-pos
Geraldine Burton021 808 4545gburton@sun.ac.zaUndergraduate enquiries
​Lorette de Villiers
​021 808 3770
​lorette@sun.ac.za​Postgraduate enquiries

Somi Radasi

021 808 3797nradasi@sun.ac.zaDepartmental manager
Jacomi van der Merwe021 808 2749jacomi@sun.ac.zaFinances

 

Assistente

NaamTel.E-pos

Egon Februarie

021 808 3770efebs@sun.ac.zaMaintenance Coordinator & cleaning tasks at JH Neethling Building
Tania Jansen021 808 3770jansen@sun.ac.zaCleaning & catering tasks at JH Neethling Building
Judy Williams021 808 4545jpoole@sun.ac.zaCleaning & catering tasks at Paul vd Bijl Building