Genetics
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Navorsing

​​ 


Die drie navorsingsfokusareas van die departement is dier-, mens- en plantgenetika en sluit ondersoeke op kwantitatiewe- (teling en biometrie), populasie en molekulêre (biotegnologiese) genetiese terreine in.

 

In Diergenetika, word navorsing gedoen op verskeie akwatiese en ander dierspesies en behels die bepaling van genetiese diversiteit en populasiedinamika vir die verbeterde bestuur en bewaring van hierdie spesies.

 

​In Mensgenetika-navorsing, word daar gefokus op die identifisering en analises van die gene betrokke in skisofrenie, tuberkulose, yster regulering en kanker, sowel as op farmakogenetiese toepassing in siektetoestande wat onder die Suid-Afrikaanse bevolking voorkom.

 

In Plantgenetika en Biotegnologie​, fokus navorsing onder meer op molekulêre karakterisering van wingerdvirussiektes en virusweerstand, rog- en korogteelprogramme, graangenomika en plant-insek-interaksies asook molekulêre vrugteteling en kiemplasma karakterisering.


Kyk ook gerus na die navorsingsfasiliteite​ wat deur die departement aangebied word.


​​​


 




 



​​