Genetics
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Nagraads

Die departement bied geleentheid vir nagraadse studie aan studente in Natuurwetenskappe en Landbouwetenskappe (Honneurs, MSc en PhD). Jaarliks word 'n beperkte aantal studente toegelaat vir nagraadse studie op grond van akademiese meriete. 

Vir nagraadse navorsingsprojekte, studente het 'n keuse tussen: 

  • Navorsingsprojekte wat aansluit by die navorsing doelwitte van die departementele navorsings-programme - voltydse studente word verwag om vir projekte van hierdie aard te registreer. 
  • Navorsing oor onderwerpe wat nie gedek deur die departementele programme - Navorsing van hierdie tipe behels normaalweg deeltydse studente wat by 'n erkende navorsing of opleiding instelling werk. Die organisasie betrokke moet in staat wees om 'n aanvaarbare interne medestudieleier te voorsien.

778 (120) HonsBSc in Genetika

Die program begin in die derde week van Januarie en strek oor een akademiese jaar. Sterk klem word geplaas op die bemeester van laboratorium vaardighede. Evaluering word gedoen deur deurlopende evaluering en 'n mondelinge eksamen.

Toelatingsvereistes

ʼn BSc-graad met Genetika 214, 244 plus 314, 324, 344 en 354 of soortgelyke modules van ander universiteite word vereis. 'n Gemiddelde punt van ten minste 65% in Genetika in die finale jaar word ook vereis vir toelating tot die honneursprogram in Genetika. Genetika 314, 315, 344 en 345 word aanbeveel vir toelating tot die honneursprogram in Plant Biotegnologie en 'n finale gemiddelde punt van ten minste 60% word vereis vir die finale jaar van voorgraadse studie.

Duur

Die program strek oor een jaar en begin met die algemene aanvang van klasse.

Kursus inhoud

Hierdie program bestaan uit die onderstaande ses modules. Jy mag, onderhewig aan departementele goedkeuring, twee van die 8-krediet-teoriemodules vervang met ekwivalente 8-krediet-modules van die HonsBSc in Plantbiotegnologie. Verder moet jy 'n navorsingsopdrag voltooi en die resultate in die vorm van 'n navorsingspublikasie aanbied. Die departement lê sterk klem op die verwerwing van laboratoriumvaardighede. Een van die keusemodules moet geneem word. Hierdie program word deurlopend geassesseer en 'n mondelinge eksamen word afgelê.

711 (16): Genetika: Molekulêre Tegnieke

Verpligte module: Die vordering op die gebied van molekulêre genetiese tegnieke het Genetika en die toepassings daarvan radikaal beïnvloed. Hierdie module bied ʼn teoretiese platform (lesings, gespreke, ens.) saam met praktiese sessies, wat DNS- en RNS-karakterisering en -manipulasie insluit.

Dosent: Prof R Roodt-Wilding

712 (8) Genetika: Mensgenetika

Keusemodule: Die module fokus op historiese en huidige mediese en etiese aspekte van mens- en diergenetika in die praktyk. Deur middel van lesings, gassprekers, groepbesprekings, ens. word die nuutste tegnologie, toepassings en gevolge van genetika bespreek.

Dosente: Dr NW McGregor, Dr BJ Koehler van Asch

713 (8) Genetika: Genetiese Data-analise

Verpligte module: Die Genetiese Data Anlise-module is gemik op die toepassing van populasie-en kwantitatiewe genetikateorie in die analise en interpretasie van molekulêre genetiese data. Spesifieke klem word geplaas op die verkryging van praktiese vaardighede m.b.t. die samestelling van genetiese datasetelle, die uitvoer van toepaslike statsistiese ontledings vir die beantwoording van spesifieke navorsingsvrae, en die interpretasie van resultate binne 'n biologies relevante konteks. Voorbeelde word geneem uit 'n aantal velde, insluitend landbou-, bewarings- en mediese genetika en word deurgaans as 'n opleidingsmodel gebruik.

Dosente: Dr C Rhode, Dr AE van der Merwe

714 (8) Genetika: Bioinformatika

Verpligte module: Die module fokus op die gebruik van web-gebaseerde en ander rekenaarprogrammatuur vir die analise van verskillende tipes konvensionele en hoë-deurvloei biologiese data. Dit sluit in dataontginning, basiese en gevorderde proteïen- en nukleotiedvolgorde-analises, verskillende genomika-toepassings (struktureel, funksioneel en vergelykend), filogenetieseverwantskapsbepaling asook die samevoeging en annotering van datastelle gegenereer deur volgende generasie volgordebepalingsplatforms. Studente word ook aan ʼn verskeidenheid relevante databasisse bekendgestel.

Dosent: Prof H Marree

716 (8) Genetika: Genomika

Verpligte module: ʼn Goeie begrip van die genoom, asook die effektiewe analise daarvan, is ʼn voorvereiste vir suksesvolle plant-, mikrobiese en diereverbetering, veral met inagneming van die faktore geassosieer met die kompleksiteit van genome. Die module is dus daarop gemik om jou insig in die grondbeginsels van genetika en genomika te verbeter en konsepte soos genetiese manipulering, geenregulering en -uitdrukking, asook metodes om tersaaklike aspekte te bestudeer, sal bespreek word.

Dosente: Mnr WC Botes, Dr SW Peters

721 (8) Genetika: Wetenskaplike Voorstel en Skryfkursus

Verpligte module: Hierdie module is spesifiek daarop gemik om die genetika-en biotegnologiestudent bekend te stel aan die nie-biologiese aspekte van wetenskaplike navorsing, soos die ontwikkeling van 'n befondsingsvoorstel en wetenskaplike skryftegnieke. Studente sal ook te doen kry met konsepte soos die generering en ontwikkeling van kreatiewe idees, entrepreneurskap, marknavorsing, lewensvatbaarheidstudies, die daarstelling van 'n sakeplan, finansiering, winsgewendheid, goeie laboratoriumpraktyk, kwaliteitsisteme en projekbestuur in 'n navorsingsomgewing.

Dosent: Prof AM Botha-Oberholster

722 (8) Genetika: Plantgenetika en Gewasverbetering

Keusemodule: Doelstellings in planteteelt; voortplantingswyses in plante; sel-en weefselkultuur; teeltplanne vir self- en kruisbestuiwende gewasse; die benutting van basterkrag; mutasieteling; insek-en siekteweerstandsteling; variasies in chromosoomgetal en die benutting daarvan in 'n teelprogram; plantetelersregte.

Dosent: Mnr WC Botes

741(64) Genetika: Honneurstaak in Genetika

Verpligte module: Die navorsingsprojek is die hoofkomponent van die honneursprogram. Hierdie module behels die beplanning, uitvoering, analise en verslagdoening van `n toepaslike praktiese navorsing wat uitgevoer word binne 'n gevestigde groep. 

Terwyl hierdie projekte dikwels verwant is aan ander lopende projekte binne die departement, word dit aan die student oorgelaat om wyd te lees oor die onderwerp, ter voorbereiding vir: 

  • die projek voorstel (mondelinge aanbieding) 
  • die projek skrywe 
  • die finale projek aanbieding (mondelinge) 

Sodra die ondersoek aan die gang is, sal jy jou bevindinge akkuraat dokumenteer en die metodes/tegnieke wat in die studie beskryf word. Jy word sterk aangemoedig om te begin voorberei jou projek verhandeling van vroeg af in die module. Jy sal 'n konsep verhandeling moet indien by jou toesighouer lank voor die finale inhandiging, sodat jy betyds kommentaar en voorstelle kan ontvang vir verbetering.

Dosent: Prof R Roodt-Wilding

Honneurs in Planteteelt (BScAgric)

Studente wat aansoek doen vir toelating tot die kursus moet in besit wees van 'n toepaslike BScAgric graad. Slegs studente wat 'n gemiddeld van minstens 60% vir Genetika bereik in hul finale jaar word tot die kursus toegelaat. 'n Kursus is uitgewerk vir individuele studente met inagneming van hul agtergrond en vereistes. Indien nodig, kan van die studente verwag word om spesifieke voorgraadse modules in Planteteelt of verwante vakke te voltooi.

Honneurs in Diereteling (BScAgric)

Studente wat aansoek doen vir toelating tot die kursus moet in besit wees van 'n toepaslike BScAgric graad. Slegs studente wat 'n gemiddeld van minstens 60% vir Genetika bereik in hul finale jaar word tot die kursus toegelaat. 'n​​​​ Kursus is uitgewerk vir individuele studente met inagneming van hul agtergrond en vereistes.​

​MSc and MScAgric

Die program behels navorsing oor 'n goedgekeurde onderwerp soos deur die departement bepaal. By voltooiing van die navorsing moet jy 'n bevredigende tesis inlewer. Hierbenewens mag aanvullende studie van jou vereis word wat kan bestaan uit formele klasse en /of seminare. 'n Mondeling eksamen word ook afgelê. Om vir die kursus te registreer, moet studente 'n toepaslike BSc honneurs-of BScAgric-graad voltooi het.

PhD and PhDAgric

'n Persklaar tesis word van jou vereis en 'n mondelinge eksamen word afgelê. Buitengewoon verdienstelike MSc of MScAgric studente kan toegelaat word om hul registrasie te gradeer na 'n PhD of PhDAgric.