Genetics
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Visie & Missie

 Die Departement Genetika verteenwoordig 'n interdissiplinêre groep navorsers en nagraadse studente wat fokus op navorsingsgeleenthede in plant-, dier- en mensgenetika.

Die missie van die Departement is om 'n omgewing te skep waarin Genetika as kern wetenskap die basis kan vorm vir die kreatiewe ontwikkeling van menslike hulpbronne om die individu, die breër gemeenskap, sowel as die omgewing as 'n geheel te baat. Om dit te bereik en Genetika te ontwikkel tot hoeksteen van die biologiese wetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch. Ons streef daarna om kwaliteit navorsing, kreatiewe onderrig en uitstaande en verantwoordelike dienslewering aan ons gemeenskap en die omgewing te lewer.