Animal Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Kontak ons

Vir enige Departementele navrae, kontak asb.:

Departementshoof

 

Prof. Kennedy Dzama

Tel.: +27 21-808 4740

Faks: +27 21-808 4750

E-pos: kdzama@sun.ac.za

Departementele sekretaresse

 

A Botha 

Tel: +27 21-808 4916

Faks: +27 21-808 4750

E-pos: ab@sun.ac.za

 

Vir aanwysings na die Departement Veekundige Wetenskappe: Daar word aanbeveel dat besoekers wat in Kaapstad bly, van huurmotors gebruik maak om na die Stellenbosch kampus te reis. Daar is geen ondergrondse treindiens vanaf die Kaapstad Internasionale Lughawe beskikbaar nie. Indien u wel van ʼn pendeldiens gebruik wil maak, doen asb. navraag by u hotel/gastehuis of in die lughawe se terminaal oor 'n betroubare diens.


Aanwysings vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe: Die afstand vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe na Stellenbosch is ongeveer 35 km. Volg die Lughawe-uitgangspad vanaf die lughawe en draai links by die Somerset Wes uitgang op die N2-deurpad. Draai af in Uitgang 33 [Baden-Powell, Stellenbosch] en draai dan links op die R310. Volg die pad (ongeveer 23 km) tot by 'n T-aansluiting en draai regs (Polkadraai pad). Volg die pad tot in Stellenbosch totdat u die tweede T-aansluiting bereik (onmiddellik verby die stasie aan die linkerkant). Draai links op die R44 (Adam Tas pad). By die tweede verkeerslig, draai regs in Merrimanlaan. Volg die pad totdat jy onder 'n voetganger brug ry, draai dan regs by die eerste kruis straat (De Beers Street). Die pad lei tot die parkeerterrein van die Neelsie Studentesentrum, waaruit al die US-kampus geboue bereik kan word.


Aanwysings vanaf Kaapstad: Die afstand van Kaapstad se middestad Stellenbosch is ongeveer 50 km. Volg die N1-deurpad na die Paarl. Draai by Uitgang 39 [Stellenbosch] af en draai regs op die R304. Volg die pad na Stellenbosch. Wanneer u die dorp bereik het, draai links by die vyfde verkeerslig in Merrimanlaan. Volg die pad totdat jy onder 'n voetgangerbrug ry, draai dan regs in die eerste kruis straat (De Beers Street). Dit lei tot die parkeerterrein van die Neelsie Studentesentrum, waaruit al die US-kampus geboue bereik kan word.


Vir u gerief word die skakels na relevante kaarte en webblaaie hieronder ingesluit.

 

Kaarte
• Die Stellenbosch Toerisme webblad verskaf algemene inligting oor ons dorp.

Kampuskaart (pdf).

Google kaart.

​​