Animal Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Navorsingslaboratoriums en -fasiliteite

Die Departement Veekundige Wetenskappe beskik oor goed toegeruste laboratoriums en het toegang tot ʼn diere-fasiliteit en twee proefplase wat gebruik word vir beide voorgraadse opleiding en nagraadse navorsing. Samewerking met die Wes-Kaapse Departement van Landbou, ander tersiêre instellings, nie-regeringsorganisasies en die private sektor stel die Departement Veekundige Wetenskappe in staat om navorsing te doen wat relevante probleme of knelpunte wat in dierebedrywe ondervind word, ondersoek.

 

Laboratorium fasiliteite en Dierehuis

Die onderskeie Departementele laboratoriums is goed toegerus om ontledings betreffende die mees algemene voedingstowwe soos energie, proteïen, ADF en NDF vesel, aminosure en minerale, asook fisiese en chemiese eienskappe van wol en vleis, te doen. ʼn Diere behuisingsfasiliteit is gerieflik geleë langs die Departement en maak voorsiening vir die uitvoering van kort-termyn voedingsproewe. Benewens hierdie fasiliteite het die departement ook toegang tot dierhulpbronne wat op die twee proefplase, Welgevallen en Mariendahl, onderhu word. Hierdie dierehulpbronne stel die Departement in staat om bedryfsverwante en wêreldgehalte navorsing te doen. Die dierhulpbronne word ook gebruik vir die opleiding van voorgraadse studente in die algemene veeteelt beginsels en praktyke.

 

Die Departement maak ook gebruik van die dienste wat deur die Sentrale Analitiese Fasiliteit (SAF) van die Universiteit van Stellenbosch gelewer word, met die SAF wat gestig is om voorsiening te maak vir groot toerusting wat nie binne die Departement gehuisves kan word nie. Die SAF bestaan uit gespesialiseerde navorsingseenhede en het gespesialiseerde wetenskaplikes wat betrokke is by elke aspek van die dag-tot-dag werking van die onderskeie eenhede, wat gevolglik die Departement in staat stel om meer omvangryke proewe te doen as was andersins moontlik sou wees.

 

Proefplase

Die twee proefplase, Welgevallen en Mariendahl, dien as veld laboratoriums wat hoofsaaklik gebruik word vir die opleiding van voorgraadse studente en die uitvoering van verskeie multi-dissiplinêre projekte onder beheerde omstandighede. Die plase word sodanig bestuur dat die toestande verteenwoordigend is van die praktiese toestande op kommersiële plase in die onderskeie landboubedrywe.

 

Welgevallen Proefplaas

Die Welgevallen Proefplaas is in 1917 aangekoop met die vestiging van die Fakulteit Agriwetenskappe, juis omdat dit 'n voorwaarde was dat 'n proefplaas moes binne stapafstand van die kampus moes wees. Die oorspronklike grootte was 278 ha, waarvan slegs 120 ha is tans beskikbaar vir navorsingsdoeleindes. Die Departement Veekundige Wetenskappe het toegang tot die wêreldklas navorsingsfasiliteite op die plaas, wat onder meer ʼn moderne melkery en suiwelproduk eenheid, voedingsnavorsingsfasiliteite, ʼn embrio produksie sentrum asook 'n akwakultuur afdeling, insluit. Die departement hou ook 'n Holsteinkudde en 'n klein skaap kudde aan wat vir opleiding en navorsingsdoeleindes gebruik word. Die goed toegeruste voedingsnavorsing fasiliteite maak voorsiening vir die uitvoering van intensiewe voedingsnavorsing met groot en klein herkouers.

 

Navrae met betrekking tot die Welgevallen-proefplaas:

Willem van Kerwel

Proefplaas Bestuurder

Tel: +27 21 808 4870

E-pos: wvk@sun.ac.za  

 

Mariendahl Proefplaas

Mariendahl is 375ha in grootte en is geleë langs die Elsenburg proefplaas, ongeveer 14km buite Stellenbosch. Die plaas huisves navorsingsfasiliteite vir pluimvee- en varknavorsing, asook fasiliteite vir Akwaponika navorsing wat in die nabye toekoms in aanvang sal neem .'n Pluimvee navorsingseenheid sluit meganies geventileerde fasiliteite vir die grootmaak van braaikuikens en lêhenne, ʼn voervermengings- en verpillingsfasiliteite, 'n klein skaal abattoir en 'n broeiery, in. Die fasiliteite word gebruik vir die opleiding van voorgraadse studente van die Universiteit van Stellenbosch en die Kaaplandse Instituut vir Landbou-opleiding, sowel as bedryfsgedrewe navorsing.


 

Die dierehulpbron sluit 'n Simmentaler kudde, 'n Dohne Merino kudde asook ʼn Suid-Afrikaanse Vleismerino kudde in. Die plaas huisves ook die Terra Vino stoet, wat top genetika beskikbaar stel aan die bedryf op 'n jaarlikse veiling. 


 

Navrae met betrekking tot die Mariendahl Proefplaas:

John Morris

Tel .: +27 21 884 4460

E-pos: jm3@sun.ac.za