Animal Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Geskiedenis

Die Departement Veekundige Wetenskappe is in 1921 gestig met die aanstelling van die eerste dosent, Prof JHW Th Reimers, wat ook die hoof van die Departement van 1921 tot 1952 was. Die Departement is een van die oudste van sy soort in Afrika en het in 2013 sy 93ste verjaardag gevier. Die Departement word nasionaal en internasionaal vir sy uitstaande navorsing in die fokus gebiede van dierevoeding, diereteling, geslagsfisiologie en vleiskunde erken. Navorsingsaktiwiteite fokus op die verbetering van die doeltreffendheid, winsgewendheid en volhoubaarheid van diereproduksie bedrywe, op ʼn nasionale en internasionale vlak. Nagraadse projekte sluit studies oor verskeie plaasdier spesies, waaronder melk- en vleisbeeste, skape en bokke, varke, pluimvee, volstruise, mariene en varswater akwakultuur spesies, asook wildspesies in.