Animal Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​Welkom by die Departement Veekundige Wetenskappe!

Die Departement Veekunde het sy 75ste verjaardag in 1996 herdenk, wat ons een van die oudste gevestigde Veekunde departemente in die land maak. Ons bied voorgraadse en nagraadse programme aan wat ons toelaat om gegradueerdes op te lei om aan die navorsings-, voorligting- en ontwikkelingsbehoeftes van Suid-Afrika te voldoen, ten einde die kwaliteit van lewe van al sy inwoners te verbeter. Opleiding en navorsing fokus op produksie aspekte van plaasdiere, waaronder skape en bokke, melk- en vleisbeeste, pluimvee en volstruise, varke en akwakultuur spesies, asook sekere wildspesies.

 

Om meer oor ons akademiese programme en navorsingsaktiwiteite uit te vind, verken asseblief ons webblad. Neem die vrymoedigheid om enige van ons akademici te kontak vir meer inligting oor die rol wat ons as Departement speel om volhoubare diereproduksie vir die toekomstige geslag te verseker.​