Animal Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

SARChI leerstoel in Vleiskunde: Genomika to Nutriomika

Die SARChI Leerstoel in Vleiskunde: Genomika tot Nutriomika is in 2013 toegeken, met die groep se navorsingsaktiwiteite wat fokus op die impak van omgewingsfaktore wat die gehalte van die vars- en verwerkte vleisprodukte beïnvloed. Professor Hoffman, 'n erkende wêreldleier op vleiskwaliteit en produk-ontwikkeling, lei die aktiwiteite van die groep, in samewerking met mede-voorsitter prof. Vorster Muchenje van die Universiteit van Fort Hare. Professor Muchenje fokus op hoe die welsyn van diere, in terme van die genoom en die omgewing; die gehalte en voedingswaarde van vleis beïnvloed. Projekte sluit studies van plaasdier spesies, wild, wilde voëls en verskeie vissoorte, in.
 
Vir meer inligting oor die navorsingaktiwiteite van die groep, besoek die SARChI leerstoel webblad.