Animal Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Gemeenskapsinteraksie

Akademiese personeel van die Departement Veekundige Wetenskappe aktief betrokke op alle vlakke van die onderskeie diereproduksie- en verwante bedrywe. Akademici praat gereeld op byeenkomste van produsente en dien onderskeidelik ook op die redaksionele komitees van wetenskaplike tydskrifte en/of bestuurskomitees van bedryfsverwante organisasies.

 

Prof. CW Cruywagen is 'n lid van die Fakulteit AgriWetenskappe se Fakulteitskomitee, Akademiese Program komitee en dien ook op die US se Navorsingsetiek komitee. Hy dien op die redaksie van die South African Journal of Animal Science en is lid van verskeie internasionale komitees. Hy is die huidige Voorsitter van die Agricultural Microscopy Division van die American Oil Chemists' Society, en dien op die Internasionale Verhoudingskomitee en die Internasionale Toekenningskomitee van die American Dairy Science Association. Hy is geregistreer by die American Registry of Professional Animal Scientists.

 

Me. A Davids dien op die Fakultiet Agriwetenskappe se Bemarkingskomitee.

 

Prof. K Dzama is 'n paneellid van die SAOG Droogtemoniteringsentrum (Vee-komitee), sameroeper van die Diereteelt en Genetika Forum, en dien op die toekenningskomitee van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Veekunde. Hy is ook komiteelid van die Suid-Afrikaanse Rooivleisnavorsings- en Ontwikkelingstrust, asook die Professionele Akkrediteringskomitee van SARNAP. Verder dien hy op die loodskomitee van die Nasionale Landboubemarkingsraad se Rooivleisprojek en tree op as sameroeper van die Kaapstadse Stedelike Landbouforum. Hy dien ook op die Universiteit se Diensbillikheidsforum.

 

Prof. LC Hoffman dien op die Universiteit se Navorsingskomitee. Daarbenewens is hy voorsitter van die Southern African Wildlife Management Association (lewenslange lid), mederedakteur van die Journal of the Science of Food and Agriculture en dien hy op die redaksie van Meat Science.

 

Dr. H Lambrechts is die sekretaresse van die Suid-Afrikaanse Reproduksie Navorsingsgroep en sekretaresse van die Wes-Kaapse tak van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Veekunde.

 

Dr. Cletos Mapiye is ʼn lid van verskeie professionele organisasies, waaronder die SA Vereniging vir Veekunde (SASAS), die Canadian Meat Science Association (CMSA), die American Meat Science Association (AMSA), die Canadian Society of Animal Science (CSAS), die American Society of Animal Science (ASAS), en die Grassland Society of SA (GSSA). Doktor Mapiye dien as subredakteur van die SA Joernaal vir Veekunde (SAJAS), uitgenooide subredakteur van Food Science International en is ook ʼn beoordelaar van artikels van meer as 20 Diere- en Voedselwetenskap tydskrifte.

 

Dr. E Pieterse dien as Voorsitter van die Wes-Kaapse tak van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Veekunde en op die Fakulteit AgriWetenskappe se Roosterkomitee.

 

Dr Emiliano Raffrenato is 'n lid van die American Dairy Science Association, die Amerikaanse Vereniging vir Veekunde, die Europese Vereniging vir Diereproduksie, en die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Veekunde. Hy dien ook as 'n beoordelaar vir die Journal of Dairy Science, die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Veekunde en vir die Journal of Cereal Science. Hy is 'n lid van die paneel van die Fibre Modelling groep van die Cornell Voedingskonferensie vir Veevoervervaardigers. Hy dien ook op die Navorsings- en Diere etiek komitee van die Universiteit Stellenbosch.