Animal Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Voorgraadse programme

Die Diereproduksiestelsels program is 'n 4-jaar Baccalaureus graadprogram wat lei tot die toekenning van 'n BScAgric-graad in die veld van Veekunde. Veekunde word beskou as die wetenskaplike studie van die voeding, teling, fisiologie en produksie van plaasdier- en wildspesies.
 
Die program behels die integrasie van dierefisiologie, dierevoeding, diereteling, produksie en produkkwaliteit, ekologie, biochemie, asook die optimale bestuur van diereproduksiestelsels om omgewingsvriendelike, volhoubare en koste-effektiewe diereproduksie te verseker. In die eerste jaar word studente aan basiese vakke soos Fisika, Chemie, Wiskunde, en Biologie blootgestel, wat die grondslag sal vestig vir die res van die 4-jaar program. Studente wat hierdie graad ontvang kan loopbane as konsultante, entrepreneurs, tegnici, landbouvoorligtingsbeamptes, produk-ontwikkeling bestuurders of produksie bestuurders in Veekundige en verwante dierebedrywe volg. Spesies wat in die program behandel word, sluit onder meer melk- en vleisbeeste, wol- en vleisskape, pluimvee, volstruise, wild en varswater-en mariene akwakultuur spesies, in.
 
Die oorhoofse program bestaan uit vier hoofstrome, waarvan die hoofvakke in hakies aangedui word:
Veekunde (Veekunde)
Veekunde met Agronomie (Veekunde)
Veekunde met Akwakultuur (Veekunde)
Landbou-ekonomie met Veekunde (Landbou-ekonomie)
 
Vakke word in beide Afrikaans en Engels aangebied, met Afrikaans wat as die primêre medium van onderrig gebruik word. Vir toelatingsvereistes en meer inligting oor die vakke wat in die onderskeie studierigtings aangebied word, verwys asseblief na Voorgraadse programme.
 
Vir meer inligting oor die Verlengde Graadprogram (VGP), verwys asseblief na Toelatingsvereistes-VGP.