Animal Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Vleiskunde, Prosessering en Produk-ontwikkeling

Die vleis navorsingsgroep fokus op die verhoging van produksie wat verband hou met die Universiteit se Voedselsekerheidsinisiatief as deel van die HOOP Projek. Projekte volg 'n holistiese benadering deur navorsing wat fokus op intrinsieke en ekstrinsieke faktore wat vleiskwaliteit en -samestelling van verskeie dierspesies beïnvloed. Die navorsingsgroep het sterke navorsingbande met instansies soos die Elsenburg Diereproduksie Instituut. Navorsing sluit projekte op plaasdier spesies soos beeste en skape, asook pluimvee en vis, in. Die navorsingspan is ook internasionaal bekend vir hul navorsing oor eksotiese vleis (wild en volstruise).