Animal Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Sentrum van Uitnemendheid: Voedselsekuriteit

Die DWT / NNS Sentrum van Uitnemendheid (SvU) in Voedselsekuriteit is 'n virtuele sentrum wat deur die Universiteit van die Wes-Kaap en die Universiteit van Pretoria, aangebied word. Die SvU bestaan uit nasionale en internasionale kundiges op die verwante bedrywe wat te doen het met kwessies rakende voedselsekuriteit. Prof. Kennedy Dzama is een van die hoof navorsers wat deel is van die SvU wat in 2014 tot stand gekom het. Die SvU se navorsing fokus op vier kern areas wat ʼn rol in voedselsekuriteit speel, d.i. voedselproduksie, voedselverspreiding, voedselverbruik en die bestuur van natuurlike hulpbronne om volhoubare voedselproduksie te verseker. Projekte ondersoek en spreek transdissiplinêre kwessies aan wat verband hou met voedselsekuriteit. Die SvU volg 'n vennootskap benadering deur die skep en uitbou van doelgerigte strategiese verhoudings wat die onderliggende oorsake van voedselonsekerheid erken en wat beleide, tegnologieë, ingrypings en produkte ondersoek wat benodig word om toegang tot bekostigbare en voedsame voedsel te bevorder, op 'n ekologiese, ekonomiese, maatskaplike en polities volhoubare wyse.​​