Animal Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Nagraadse programme

Die nagraadse program bied belangstellende gegradueerde individue die geleentheid om vir 'n Nagraadse Diploma, 'n MScAgric in Veekunde of Akwakultuur, 'n MScAgric in Volhoubare Landbou, 'n PhD (Agric) of 'n DScAgric graad, in te skryf. Nagraadse navorsing in die departement fokus hoofsaaklik op die basiese en gevorderde aspekte van toegepaste dierevoeding, diereteling, fisiologie en die bestuur van die plaasdier spesies, wildspesies en akwatiese spesies om volhoubare produksie van kwaliteit produkte te verseker. Navorsing word gedoen oor herkouer diere (melkbeeste, vleisbeeste, skape en bokke); enkelmaagdiere (pluimvee, varke, volstruise en varswater- en mariene waterdiere) asook sekere wildspesies. Navorsingsprojekte is gemik daarop om huidige en bedryfsverwante kwessies, in beide kommersiële, kleinskaalse en kommunale diereproduksiestelsels, te ondersoek.

  
Vir 'n lys van projekte wat die onderskeie navorsingsgroepe mee besig is, verwys asseblief na die onderskeie programme onder die Navorsing skakel.

 

Vir die toelatingsvereistes tot die onderskeie nagraadse graadprogramme, verwys asb. na Nagraadse toelatingsvereistes.