AC4TR4
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​

Piesang Fusariumverwelk in Afrika


Gedurende die afgelope jare, het plantsiektes amok gesaai onder piesangproduksie regoor Afrika. Dit sluit siektes soos piesang Xanthomonas verwelk en piesang "Bunchy Top" siekte in.  Die nuutste bedreiging vir piesangverbouing op die vasteland, word ingehou deur die ontdekking van ʼn uitheemse Fusarium oxysporum f.sp. cubense (Foc) isolaat, genaamd tropiese ras 4 (TR4), op ʼn plaas in noordelike Mosambiek. Foc TR4 was voorheen tot Asië beperk, waar dit aansienlike skade aan Cavendish klone en sommige plaaslik-verboude variëteite veroorsaak het. Onmiddellike maatreëls om siek plante binne te hou en te vernietig, asook om die verspreiding van Foc TR4 binne en weg van die terrein te voorkom, is op die geïnfekteerde plaas in werking gestel. ʼn Dringende en gesamentlike aksie word egter oor die land, area en kontinent benodig, ten einde te verhoed dat dit en ander invalle in ʼn volgende siekte-epidemie van piesangs in Afrika ontwikkel.

Piesang Fusariumverwelk is nie nuut in die Afrika kontinent nie.  Foc ras 1 is vir die eerste keer in 1924 in Wes-Afrika aangeteken.  'n Tweede inbraak het in 1951 voorgekom toe Foc ras 1 Tanzanië binnegekom het.  Hierdie ras kom nou wydverspreid in die meeste piesangproduserende lande in Afrika voor.  Die meerderheid van piesangs wat op die kontinent verbou word, soos die  East African Highland Banana (EAHB), meelpiesang en Cavendish piesangs, is egter weerstandbiedend / immuun teen Foc rasse 1 en 2.

Cavendish, ander soet piesangs en sommige kookpiesangs is vatbaar vir Foc ras 4.  Ten einde die huidige siekte-uitbraak op piesangs in Mosambiek te beheer, en om ander lande, wat op piesangs vir voedselsekuriteit en inkomste-generering afhanklik is, voor te berei, is ʼn reeks van ingeligte ingrypings deur ʼn konsortium van Afrika en internasionale navorsers en institute ontwikkel. Dit sluit die volgende in:

  • Beperking van die uitbraak in Mosambiek om verspreiding op die plaas, binne die land, en na naburige lande te voorkom
  • Voorbereiding van ander lande afhanklik van piesangs, teen toekomstige invalle deur Foc TR4 deur verbeterde bio-sekuriteit raamwerke, geteikende bewusmakingsveldtogte en opleiding
  • Bestuur van piesang Fusariumverwelk in Afrika deur gebruik van weerstandbiedende variëteite en geïntegreerde siektebestuur.

 


RTB ING-rgb.jpg

(Borg van webtuiste-ontwikkeling )


Webbestuurder

Lizeth Swart

ls3@sun.ac.za