Ander piesangverwelksiektesBakteriese siektes: Eksterne simptome van Moko siekte, "Blood disease" en Xanthomonas verwelk is dikwels soortgelyk aan die van Panama siekte. Blaarvergeling in hierdie siektes begin egter dikwels in die jongste blare en beweeg na die ouer blare, wat verskil in plante wat deur Foc geaffekteer word. 'n Geel uitskeiding word ook waargeneem uit plantweefsel wat deur bakterieë geaffekteer word. Pythium wortelvrot en Armillaria vrot kan ook simptome soortgelyk aan Fusariumverwelk toon. Pythium wortelvrot is nie algemeen nie en tot jong plante in nat omgewings beperk, terwyl Armillaria wortelvrot dikwels tot 'n paar plante beperk is, en wit swamgroei in geaffekteerde plantmateriaal voorkom.
| "Blood disease" Bakterieë "ooze" uit die vleesagtige vrugte Groot beeld
|