AC4TR4
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Globale Verspreiding van Foc TR4

Foc TR4 is vir die eerste keer in Maleisië en Indonesië ontdek to multi-nasionale uitvoermaatskappye hul produksie tot hierdie lande uitgebrei het.  Die nuwe aanplantings is gou tot niet gemaak, maar die swam het ontsnap en vinnig regoor beide lande versprei, en ook ander plaaslike variëteite wat deur kleinboere verbou is, aangeval. In 1997 is Foc TR4 op Cavendish in die Northern Territory van Australië aangeteken, en teen 2008 was dit amptelik in die Filippyne, Taiwan en die hoofland China aangeteken. Dit is egter nog nie in Thailand, Viëtnam en Cambodia aangeteken nie waar nie-Cavendish variëteite verbou word. Foc TR4 het aansienlike verliese aan Cavendish produksie in al die Asiatiese lande waar dit voorkom, aangerig.  Verspreiding het onlangs buite Asië na Oman (2012) en Jordanië (2013) plaasgevind. Die uitbraak in Jordanië kan betekenisvol wees vir inbrake na Afrika aangesien daar met appel piesangs vanaf Suid-Soedan na Jordanië handel gedryf word, so daar kan die risiko van oordrag van geïnfesteerde grond met Foc TR4 aan voertuigbande of skoene van drywers wees.

Globale verspreiding van Foc TR4.png



(Bron: David Sikora)