Institute for Plant Biotechnology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Kontak Ons

Posadres                                                                 Straatadres

Instituut vir Plantbiotegnologie                                 Instituut vir PlantbiotegnologieUni
Universiteit Stellenbosch                                          Universiteit Stellenbosch
Privaat Sak X1                                                          Kamer #2062, Natuurwetenskappe Gebou
Matieland 7602                                                         Merrimanlaan
Stellenbosch                                                             Stellenbosch
Suid-Afrika                                                                Suid-Afrika

 

Elektroniese Kontakbesonderhede

Telefoon: +27 21 808 3834

Faks:     +27 21 808 3835

E-pos:  Me Pauliane Davidse at pauliane@sun.ac.za

 

Aanwysings - AANWYSINGS NA STELLENBOSCH VANAF KAAPSTAD

AANBEVELING

Ons beveel aan dat besoekers wat direk vanaf Kaapstad of vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe na Stellenbosch wil reis, ʼn voertuig vir die rit huur.

Indien dit onmoontlik is, raadpleeg asb. die inligtingstoonbank by die hotel of op die lughawe oor vervoeropsies na Stellenbosch.

Ons beveel aan dat besoekers wat vanaf die lughawe na Kaapstad wil reis dieselfde doen, of gebruik die lughawe se MyCiTi-busdiens na die stadskern.

 

AANWYSINGS

Die afstand vanaf Kaapstad na Stellenbosch is ongeveer 50 km. Volg die N1-hoofweg in die rigting van die Paarl. Neem afrit 39 (Stellenbosch) en draai dan regs op die R305. Volg die pad na Stellenbosch. Hou reguit aan tot in die dorp, en draai by die vyfde stel verkeersligte links in Merrimanlaan.

By die tweede stel verkeersligte in Merrimanlaan, draai regs in Ryneveldstraat. Gaan verby een gebou aan die linkerkant en draai dan dadelik links by die ingang na die parkeerterrein vir besoekers. Besoekers mag ook parkeer op alle terreine wat as "Parking" aangedui is op die tweede kaart hier onder. Die IPB is in die Natuurwetenskappegebou, wat nommer 57 op die kaart is.

 

Aanwysings - AANWYSINGS NA STELLENBOSCH VANAF KAAPSTAD INTERNASIONALE LUGHAWE

AANWYSINGS

Die afstand vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe na Stellenbosch is ongeveer 35 km.

Volg die Lughawe-oprit na Kaapstad. Neem die Somerset-Wes-afrit en draai links op die N2-hoofweg. Neem afrit 33 en draai dan links in Baden-Powell-weg, wat ook die R310 genoem word. Volg Baden-Powell-weg vir ongeveer 23 km tot by 'n T-aansluiting, en draai daar regs. Ry verby die Stellenbosch-treinstasie tot by die stel verkeersligte waar ʼn mens regs in Merrimanlaan kan draai. Volg van daar af die aanwysings vanuit Merrimanlaan wat hier bo verskyn.

 

 Contact Us Pic 1.jpgContact Us Pic 2.jpg