Institute for Plant Biotechnology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Navorsingsfasiliteite

Gebou pic 1.jp.jpg

 

 

Die IPB het goed toegeruste biotegnologielaboratoriums en weefselkultuur- en kweekhuisfasiliteite. Ons laboratoriums bevat die algemene en gespesialiseerde toerusting wat nodig is vir molekulêrebiologie‑eksperimente, asook die basiese toerusting soos polimerasekettingreaksie(PKR)-masjiene, skudmasjiene, broeikaste, koelkamers, outoklawe, jeldokumentasiestasies, sentrifugeermasjiene en pH‑meters. Ons weefselkultuurfasiliteite sluit in steriele laminêre vloeibanke en 'n groeikamer vir toestande in die donker en die lig.

Plante groei in gespesialiseerde groeikamers met beheerde temperatuur, humiditeit en fototydperke. Buiten die kweekhuisfasiliteit is daar temperatuurbeheerde groeikamers en groeitonnels op die Universiteit Stellenbosch se proefplaas, Welgevallen beskikbaar; groei-eksperimente word daar uitgevoer en geneties gemanipuleerde plante gehuisves.

Die fasiliteite by die IPB is ingevolge die Wet op Geneties Gemanipuleerde Organismes 1997 by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye geregistreer (registrasienommer 39.2-Universiteit Stellenbosch-4/022, inperkingsvlak een).