Institute for Plant Biotechnology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Voorgraads

 

Hoewel die IPB op nagraadse opleiding in plantbiotegnologie fokus, doseer ons akademiese personeel ook voorgraadse kursusse in biologie, plantfisiologie, molekulêre biologie en biotegnologie. Verder lewer dosente in verskeie departemente en kundiges uit die bedryf 'n waardevolle inset deur kursusse aan te bied en deur as studieleiers oor nagraadse studente in plantbiotegnologie toesig te hou.

Studente wat Bio154 in hulle eerste BSc-jaar afgelê het, kan biotegnologie as hoofvak in hulle tweede en derde akademiese jaar kies. Raadpleeg asseblief die Universiteit se Jaarboek vir die omvattende voorvereistes vir BSc-grade met dubbele hoofvakke.

Biotegnologie as hoofvak behels dat die volgende kursusse gedurende die tweede en derde akademiese jaar voltooi word: