Algemene inligting
Waar kan ek werk?
Met 'n graad in Voedselwetenskap het jy die geleentheid om te werk in een van die grootste en mees belangrike industrieë in die wêreld. Voedselwetenskaplikes kan ondermeer werk in die velde van kwaliteitsbeheer, tegniese ondersteuning, verkope, aankope- en produksiebestuur. Die voedselindustrie laat ook ruimte vir entrepeneurskap of 'n loopbaan in navorsing.
Sal ek geleentheid kry om die Voedselindustrie te leer ken?
Tydens verskeie fabrieksbesoeke deur die loop van vier studiejare asook verpligte praktykopleiding tydens US vakansies, kry studente ruim blootstelling aan 'n hele spektrum van Voedselindustrieë.
voedselw@sun.ac.za
Tel: +27 (0)21 808 3578 Fax: +27 (0)21 808 3510 corner of Hammandshand and Helshoogte Roads, Stellenbosch voedselw@sun.ac.za