Voorgraadse programinligting
Toelatingsvereistes
Vir meer algemene inligting, beurse & lenings, koste en aansoekprosedures, gaan asb na
http://www.maties.com/
Clover Pinnacle Beursprogram vir 2023
LW: NBT's word nie vir die 2023 inname gebruik nie.
Basiese toelatingsvereistes vir universiteitstudie:
- 'n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) of ʼn sertifikaat van die Onafhanklike Eksamineringsraad soos gesertifiseer deur Umalusi met toelating tot baccalaureusgraadstudies.
- 'n Universiteitsvrystellingsertifikaat uitgereik deur die Suid-Afrikaanse Matrikulasieraad aan studente met ander skoolkwalifikasies.
- Die minimum akademiese vereiste vir 'n baccalaureusgraad is:
- 30% vir 'n Suid-Afrikaanse taal van leer en onderrig (Engels of Afrikaans) en
- 'n Prestasiesyfer van 4 (50% - 59%) in vier vakke met 20 krediete
- Skryf van die Nasionale Normtoetse (NBT's) indien 'n aansoeker van die School of Tomorrow.
Fakulteitsvereistes vir BSc Voedselwetenskap:
- 'n Gemiddelde van minstens 60% in die NSS, IEB of relevante finale skooleksamen.
- Die gemiddelde word bereken deur u hoogste telling in die taal van leer en onderrig (Engels of Afrikaans) + te neem (5 x beste resultate in 20 krediete vakke uitgesluit Lewensoriëntering en Wiskunde 3). Die totaal gedeel deur 6 is gelyk aan u NSS-gemiddelde.
- Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4 (50%)
- Wiskunde 5 (60%)
- Fisiese Wetenskappe (Fisika en Chemie) 4 (50%)
- Let wel: alle programme is keuringsprogramme en aansoeke sal oorweeg word volgens die reëls en prosedures soos uiteengesit in die keuringsriglyne en toelatingsbeleid vir voorgraadse programme vir die Fakulteit AgriWetenskappe.
Lees meer op: http://www.sun.ac.za/english/maties/Documents/AgriSciences.pdf
Raamwerk van die graadstruktuur, modules en keuses vir BSc Voedselwetenskap
Eerste Jaar
Biologie
Chemie
Fisika
Rekenaarvaardigheid
Wiskunde
Inleiding tot Voedselwetenskap
Tweede Jaar
Biochemie
Biometrie
Chemie
Mikrobiologie
Voedselprosessering en Preservering
Derde Jaar
Voedselbiochemie
Voedselchemie
Mikrobiologie
Vleiskunde, Voedingkunde, Voedselveiligheid, Graanwetenskap & Sensoriese Analise
Vierde Jaar
Produkontwikkeling
Voedselchemie en Analise
Voedselverpakking
Voedselfabrieksmasjiene
Vir 'n volledige uitleg van die struktuur van die graadprogram, vakkeuses en aansoekprosedures verwys ons u graag na Universiteit Stellenbosch se JAARBOEK vir die Agriwetenskappe Fakulteit of kontak gerus die betrokke personeel by US se Administrasie afdeling.
Tel: +27 (0)21 808 3578 Fax: +27 (0)21 808 3510 corner of Hammandshand and Helshoogte Roads, Stellenbosch voedselw@sun.ac.za