Food Science
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Navorsing en Fasiliteite

​​​​banner.jpg I​nnoverende oplossings deur navorsing​ ...

 ​Die Departement Voedselwetenskap het 'n sterk navorsingskultuur wat gebaseer is op die toepassing van wetenskaplike beginsels en die uitbreiding van ons kennis  oor voedsel as biomaterial.

Die navorsingsinisiatiewe dek 'n reeks van onderwerpe insluitende chemiese-, voedings-, prosessering-, sensoriese-, mikrobiologiese- en veiligheidsaspekte. Dit is 'n opwindende studieveld waar die beginsels van basiese wetenskap toegepas word om die verbetering van geur, voorkoms, raakleeftyd, kwaliteit, veiligheid en voedingswaarde van ons voedselvoorraad te verseker.

 

Die Departement is trots op die bevordering van goeie verhoudinge tussen personeel en studente en die skepping van 'n stimulerende navorsingsomgewing. Ons kry jaarliks genoegsame befondsing vir ons navorsing wat 'n goeie aanduiding is dat ons navorsing van hoogstaande gehalte is en boon-op relevant is in die huidige voedselindustrie.​​


Tel: +27 (0)21 808 3578                             Fax: +27 (0)21 808 3510                                          corner of Hammandshand and Helshoogte Roads, Stellenbosch                                                  voedselw@sun.ac.za