Integrated Pest Management Initiative
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Konsultasies

 

Konsultasies word gegee soos benodig of versoek deur die kliënt, om spesifieke plaag probleme te assesseer. Die terme van die konsultasie, duur daarvan en werk wat verskaf moet word, word bepaal op 'n individuele basis op grond van die spesifieke toestande.

 

Byvoorbeeld, Pest Diagnostics kan gekontrakteer word om te konsulteer op onbekende skade wat gevind is in 'n spesifieke vrugteboord, wat die produsent nie kan verklaar nie. Pest Diagnostics kan dan die plaas besoek, die situasie inspekteer, monsters neem, raad gee oor die oorsaak van die probleem, voorstelle maak om die probleem te verhoed in die toekoms, en dan daarvolgens die koste beraam. In hierdie geval sal Pest Diagnostics heel moontlik die volgende insluit in die koste: personneel se tyd, reiskoste en toerusting. As enige proewe in die laboratorium benodig word, sal dit ingesluit word in die konsultasie koste (bv. isolering van die insek wat vermoedelik die skade veroorsaak asook die vrug wat geaffekteer word om te bepaal of dit wel die insek is wat die skade veroorsaak).

 

**NEEM ASB KENNIS: DIE GPB INISIATIEF IS NIE GELISENSIEËR OM SPESIFIEKE BEHEER ADVIES TE VERSKAF NIE.**

 

Vir meer inligting, kontak asseblief:

Dr. Pia Addison <pia@sun.ac.za> 021-808-4671