Conservation Ecology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Bewaringsekologie en Entomologie​


​Voorgraadse Programme

Bewaringsekologie​​ (​​​BSc)​

Eerste jaar

Die eerste jaar is generies met geen bewaringsmodules.

Tweede jaar

  • Bewaringsekologie
  • Biodiversiteit en Ekologie
  • Geografiese Inligtingstegnologie
  • Rekenaarvaardigheid​

Derde jaar

  • Bewaringsekologie
  • Biodiversiteit en Ekologie
  • Biometrie
  • Boskunde
  • Landbou-ekonomie
  • Kies twee uit die ses modules (soos moonltik binne die klasrooster)
    • Biodiversiteit en Ekologie - Ekologieveldkursus
    • Biodiversiteit en Ekologie - Indringerbiologie
    • Biodiversiteit en Ekologie - Bewaringsbiologie
    • Genetika
    • Geografiese Inligtingstegnologie
    • Grondkunde​

Vierde jaar

  • Agronomie
  • Bewaringsekologie
  • Entomologie
  • Kies 32 krediete uit die volgende modules (soos moontlik binne die klasrooster).
    • Entomologie
    • Grondkunde
    • Geografiese Inligtingstegnologie
    • Nematologie​


Entomologie as vak vorm deel van die B.Sc. Bewaringsekologie program of B.Sc. Plant en Grondwetenskappe program.  Modules sluit die volgende in:

Insekplaagbestuur (ENT 314)
Insekdiversiteit (ENT 418)
Insekbewaringsekologie (ENT 464)
'n Navorsingsprojek as deel van BWE 484 of CRP 478​


NEW undergratuate module outline 2024.jpg


Nagraadse Eiensk​​appe

Gegradueerdes van die Bewaringsekologie program sal:

Bydra tot die volhoubare bestuur van gebruikte-landskappe op alle ruimtelike skale (globale, kontinentale, nasionale en plaaslike). Hulle sal professionele mobiele vaardighede het. Hulle sal bewus wees van kwessies in die "regte wêreld" en in staat wees om beleide en bestuur op verskeie vlakke te adviseer. Hulle sal oor sterk professionele hulpmiddels beskik (deeglike akademiese kennis en vaardighede) wat hulle in staat sal stel om:

  • Tegnologies en analities vaardig te wees
  • Sosiaal interaktief te wees
  • Openhartige, kritiese en innoverende denkers te wees
  • Teorië uit te dra in praktyk
  • Positiewe verandering in navorsing en bestuur te fasiliteer
  • Globale denkvermoë te hê, maar plaaslik uit te dra
  • Transdisiplinêre, holistiese/stelsel denkers te wees
  • Te kan netwerk en in spanne te kan werk
  • Sosiaal en kultereel sensitief en betroubaar te wees
  • Besluitmakers ten bate van positiewe aksie vir 'n beter, omgewingsbewuste wêreld te wees
  • Buigsaam en kreatief te wees​

Ons gegradueerdes sal goed ontwikkelde generiese vaardighede (lees, skryf, kwantitatiewe vaardighede) hê; hulle sal geïnspireerd, vol vertroue en verwoord wees.​​