Conservation Ecology
Welkom by Universiteit Stellenbosch
​ ​

​​​​​​​​​​​​Bewaringsekologie en Entomologie​​​


Vo​ornemende Nagraadse St​​udente


Die Departement Bewaringsekologie en Entomologie is toegewy aan navorsing oor die bewaring of restourasie van ekosisteem funksie, in beide die natuurlike landskap (bewaring) en in landbou (entomologie). Die twee dissiplines kombineer om die die vinnig-groeiend en belangrike veld van volhoubare landbou te vorm, wat ʼn kern navorsingsfokus van die departement is.

Bewaringsekologie

In Bewaringsekologie spesialiseer ons in die bewaring van plant-,dier- en fungispesies, wat die organismes self insluit, sowel as hulle interaksies met ​ander spesies en die natuurlike prosesse in landskappe wat hulle toelaat om voort te bestaan. Hoof navorsingsareas is die funksionering en ekologie van plant- en dierepopulasies en van komplekse, lewende gemeenskappe vir die bestuur van natuurlike hulpbronne en landskappe. Dit sluit in die bewaring, restourasie en volhoubare gebruik van woude, natuurlike weidingsland, wildspesies, die voorkoming en beheer van indringerspesies, die bestuur van spesies, ekosisteme en omgewingsprosesse in beide formele en privaat bewaringsgebiede, veral in mens-gefragmenteerde landskappe, en die gebruik van sosiale onderriginstellings vir die aanpasbare bestuur van benutbare landskappe. Navorsing in hierdie departement fokus ook op die integrasie van bewaring en landbou. Dit behels navorsing oor ekosisteemdienste soos bestuiwing, nutrientsiklering, water filtrasie en die bevordering van natuurlike vyande van peste om volhoubare landbousisteme te skep wat landtermyn kos- en watersekuriteit kan verskaf.

Entomologie​

Die toegepaste navorsing is grotendeels gerig op die geïntegreerde bestuur van myt- en plaaginsekte en die begrippe, grondslag en toepassing van die bestuur op veral sagtevrugte, vrugtevliegbeheer in die vrugtebedryf, na-oesentomologie en entomofage nematodes. Biologiese beheer deur insekte en nematodes is kern tot ons toegepaste entomologiese navorsing. Basiese navorsing word gedoen oor morfologie en sistematiek, veral op Lepidoptera en insekfossiele en die fisiologie en ekologie van fynbosinsekte. Die Departement huisves 'n uitgebreide versameling insekte vir studiedoeleindes.  Ons doen ook navorsing op terrestriële insekte en hulle omgewingsaanpassings, insluitend fenotipiese plastisiteit, respiratoriese metabolisme en gasuitruilings patrone, insek respiratoriese chemo-resepsie, en fisiologiese reaksies op suurstof en temperatuur.

Nagraadse Kwalif​​ikasies

Kyk algemene nagraadse inligting hier. Kyk Jaarboekinligting by onderste skakels.

  • MSc in Bewaringsekologie (navorsing)
  • PhD in Bewaringsekologie (navorsing)
  • MSc in Entomologie
  • PhD in Entomologie
  • DSc in Entomologie
  • MSc in Nematologie
  • PhD in Nematologie
  • MSc in Volhoubare Landbou​


​​Nagraadse Eienskap​​pe

Gegradueerdes van die Program vir Bewaringsekologie sal:

​Bydra tot die volhoubare bestuur van landboulandskappe op alle ruimtelike skale (wêreldwyd, kontinentaal, nasionale, plaaslike). Hulle sal die vaardighede hê om professioneel mobiel te wees. Hulle sal bewus wees van kwessies in die "regte wêreld" en kan beleid en bestuur op verskeie skale inlig. Hulle sal sterk professionele gereedskap (akademies gesonde kennis en vaardighede) hê wat hulle in staat stel om:​

  • Tegnologies en analities vaardig te wees
  • Sosiaal ingebed en interaktief te wees
  • Oopkop, kritiese en innoverende denkers te wees
  • Die teorie in die praktyk te kan oordra
  • Fasiliteerders van positiewe verandering in navorsing en bestuur te wees
  • Globale denke te hê​ maar plaaslik kan optree;
  • Transdissiplinêre, holistiese / stelsels denkers te wees
  • In staat wees om te netwerk en in staat om in spanne te werk
  • Sosiaal en kultureel sensitief en responsief te wees
  • Besluitnemers vir positiewe optrede te wees, vir 'n beter omgewingsbewuste wêreld
  • Buigsaam en kreatief​ te wees

Ons gegradueerdes het goed ontwikkelde generiese vaardighede (lees, skryf, kwantitatiewe vaardighede); Hulle sal geïnspireer, selfversekerd wees en artikuleer.



Kontak Informasie

  • Prof James Pryke
    Programkoördineerder
  •    +27 (0)21 808 4775 / 3304
  •    jpryke@sun.ac.za

Belangrike Informasie