Integrated Pest Management Initiative
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Wat is GPB?

​Geïntegreerde Plaagbestuur (GPB) is 'n moderne, volhoubare benadering wat die gebruik van natuurlike plaagbeheer meganismes aanmoedig met die doel om gesonde gewasse te groei wat 'n minimale impak het op agro-ekosisteme asook minimale risiko inhou vir menslike gesondheid en die omgewing.

Soos wat tegnologie ontwikkel en wetenskaplike data akkumuleer, word daar gevind dat al meer klasse van chemiese insekdoders skadelik is vir menslike gesondheid en die omgewing of toenemend oneffektief raak in die bestryding van plae. Alternatiewe beheer metodes wat dan ontstaan is gereeld plaag-spesifiek en word aangewend as deel van 'n gekoördineerde plaagbeheer strategie. Hierdie staan bekend as Geïntegreerde Plaagbestuur (GPB).  Beide produsente en verbruikers begin al meer besef die belangerikheid daarvan om plae te bestuur op 'n manier wat hul populasie grootte onder 'n sekere drempel behou sonder om ander organismes en mense te benadeel wat almal saam bestaan in die landbou omgewing.

Dit is nie meer voldoende om een klas van chemikalieë op 'n boord te bespuit en alle plaaslike insek lewe te verwoes nie. Insekte ontwikkel al meer weerstand teen verskeie klasse van chemikalieë , wat hoë grade van veerkragtigheid veroorsaak teen chemiese bespuiting. Na 'n tradisionele chemiese bespuiting program, bly die ekologiese nus van die pes beskikbaar. Dieselfde pes of kompeterende peste met soortgelyke biologie kan dan verskyn of reis vanaf omliggende areas om die nus te vul, dalk selfs teen hoë r populasie vlakke as voorheen. Hierdie lei na 'n bestendige jaarlikse verhoging in chemiese kostes in tradisionele chemiese plaagbeheer programme, met 'n verlaging in effektiwiteit elke jaar.

Produsente word toenemend aangeraai om 'n reeks beheermaatreë ls te implementeer wat almal dieselfde plaag teiken op verskillende maniere om die plaag se populasie vlakke te behou onder die drempel waar skade voorkom. Wanneer die populasie die drempel oorskry kan die produsent oorweeg om insek predatore, parasiete (natuurlike vyande), entomopatogeniese (wat insekte doodmaak) swamme, bakterieë of nematodes wat die plaag spesifiek teiken, in te bring en sodoende die plaag se getalle natuurlik beheer. Hierdie maatreë ls word dikwels saam met chemiese bespuitings gebruik (waarvan sommige organies is), om die plaag op verskillende maniere aan te val en te verseker dat die populasie vlakke verlaag word in 'n langdurige en volhoubare manier. 

Daar is ses hoof komponente wat algemeen voorkom in alle GPB programme (sien die UC-IPM webtuiste vir meer besonderhede):

·         Plaag identifisering

·         Monitering and assessering van plaag getalle en skade

·         Riglyne vir wanneer bestuursaksie nodig is

·         Voorkoming van plaag probleme

·         Die gebruik van 'n kombinasie van biologiese, kulturele, fisiese/meganiese en chemiese bestuur metodes

·         Nadat aksie geneem is, om die effek van die plaagbestuur te assesseer

GPB strategieë wat plaaslik in Suid-Afrika toegepas word sluit in Steriele Insek Tegniek (SIT), Paring Ontwrigting, Biologiese Beheer en Monitering.​