Soil Science
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Grondkunde by Universiteit Stellenbosch

​Wat is Grondkunde?

Grond is die uiters dun, maar kosbare laag wat ons planeet bedek wat alle aardse lewensvorms onderhou. Grondkunde fokus op die belangrikheid van grond as 'n baie stadig hernubare natuurlike hulpbron. Dit behels die studie van die eienskappe en prosesses wat in gronde voorkom, sowel as die volhoubare gebruik en bestuur van grond. Grondkunde is 'n onontbeerlike studieveld vir volhoubare voedselproduksie in die toekoms.

Ons Departement

Die Departement Grondkunde aan die Universiteit van Stellenbosch, gee onderrig en doen navorsing in al die hoof sub-dissiplines van Grondkunde, insluitend grondvorming en klassifikasie (Pedologie), grondchemie, grondvrugbaarheid, grondfisika, grondwaterbestuur, grondhidrologie, afstandswaarneming van grond, grondbiologie en grondekologie. Voorgraadse studente word toegerus met fundamentele wetenskaplike kennis rakende grond, maar word ook aan praktiese ervaring blootgestel. Dit sluit in hoe om grond in die veld te klassifiseer en die opstel van land geskiktheid opname, hoe om grond chemiese en fisiese eienskappe te analiseer, hoe die resultate van die analise te interpreteer en die skryf van wetenskaplike verslae. Nagraadse studente word begelei om instaat te wees om eksperimente te ontwerp, data te analiseer en te interpreteer, en navorsing vir publikasie in eweknie-geëvalueerde publikasies op te skryf.​

Soil Pedology.jpg​​Soil Chemistry: Acid mine drainage affected soilSoil Physics.jpg
​Pedologie: 
Studie van die ontstaan​​, morfologie, klassifikasie en geografiese verspreiding van gronde​​​
Grondchemie:
Studie van die chemiese samestelling, eienskappe en reaksies van grond​
Grondfisika:
Studie van die fase (vloeistof, vaste, gas) en beweging van materie en transformasie van energie in die grond​
Soil Biology.jpgSoil Hydrology.jpgSoil Ecology.jpg
Grondbiologie:
Studie van lewende grondorganismes en hul funksies en aktiwiteite
Grondhidrologie:
Studie van die voorkoms, verspreiding en beweging van water oor, deur en onder die grond oppervlak​
Grondekologie:
​​Studie van die wisselwerking tussen organismes en die grond​






​​