​Missie

Die AgriWetenskappe Studente Vereniging is ‘n vereniging vir die studente van die Fakulteit van AgriWetenskappe by Stellenbosch Universiteit en streef daarna om beide die akademiese en sosiale sukses van sy studente te verbeter.

Die missie word gerealiseer deur verteenwoordiging op die Fakulteits Raad en ander geselekteerde kommittees van die Fakulteit, asook direkte kommunikasie met die Dekaan waar tipiese studente sake en probleme bespreek word.

Die kommittee lede tree ook elk op as ‘n verteenwoordiger van die departemente en wend die poging aan om as ‘n direkte skakel op te tree om meer sigbaar te word en in die proses die studente te bevoordeel. Die ASA streef na inklusiwiteit, diversiteit en transformasie in alle sake naverwant aan die Fakulteit. Die kommittee streef daagliks daarna om die waardes van Stellenbosch Universiteit se Visie 2030 uit te leef.

Die Vereniging reël ook ‘n verskeidenheid van funksies vir sy studente waar akademiese en sosiale sake aangespreek word.