Postharvest Technology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​Nuus​

US nagraadse studente en na-doktorale genote besoek Parlementhttp://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=3791US nagraadse studente en na-doktorale genote besoek ParlementDivision for Resesarch Development (DRD) / Afdeling Navorsingsontwikkeling (ANO)
​​`n Groep US nagraadse studente en na-doktorale genote het op 19 April 2016 die Minister van Wetenskap en Tegnologie, Naledi Pandor, se begrotingsrede in die Parlement bygewoon. Die besoek was op uitnodiging van Minister Pandor en is deur die Afdeling Navorsingsontwikkeling gefasiliteer. Volgens Maryke Hunter-Hüsselmann van die ANO, wat die groep vergesel het, was dit vir die meeste `n eerste keer in die parlement, en dus `n baie leersame ervaring. Die begrotingsrede is voorafgegaan deur `n uitstalling in die Iziko Museum en `n lesing deur Dr Marcus Cornaro, EU Ambassadeur van die Republiek van Suid Afrika. Vind hieronder `n opsomming van die begrotingsrede.

South Africa is not investing enough in science, technology and innovation – Minister Pandor

South Africa is not investing enough in science, technology and innovation. According to the Minister of Science and Technology, Naledi Pandor, if we do not change this trend, we will be overtaken by nations that have less capacity and knowledge resources than we have. Delivering her Budget Vote speech in Parliament this afternoon, the Minister said the failure to address the funding of this sector is causing the country to neglect several sectors that could offer South Africa talent, new products and real contributions to growth. Minister Pandor said that, despite this, the Department is making good progress in building a strong National System of Innovation. However, there are several areas of science in which we could do much more – such as creating new industries, new products and new services – but all these require additional financial resources.

The Minister said young people have been identified as those most in need of support through skills development and enterprise creation. "We intend to strengthen our efforts to reach the youth."

In this regard, the Department plans to host an inaugural Youth Assembly on the knowledge economy. The Assembly will provide a forum for young people to learn how to create businesses and social enterprises using advances in technology and knowledge. In 2015/16, the DST supported 1 276 youth through the Technology Innovation Agency. This includes support for 52 youth-owned SMEs, 951 youth-owned SMEs that receive support from the Technology Stations Programme, and 273 individuals trained through the Youth Skills Development Programme, with 85 of them receiving international training. The Minister also believes that innovation could play an important role in improving local service delivery and addressing the challenges facing local governments. "We will assist municipalities in creating innovation centres that will work with our agencies, local universities and the private sector. These partnerships will enable us to identify and tackle local and national problems. The Department continues to collaborate with district municipalities to build and strengthen science capacity to advance local economic development," she said.

Over the last year, the Department has formalised cooperation with the South African Local Government Association and the Department of Cooperative Governance and Traditional Affairs to tackle local challenges.

The DST will pilot a grassroots innovation initiative in 2016/17 with a R2 million investment that will focus on supporting innovators and technology entrepreneurs in the informal sector and in marginalised communities.

The DST's total budget for the 2016/17 financial year is R7,4 billion, of which R2,7 billion in Parliamentary Grants is transferred to the entities reporting to the Department, namely –

•the Council for Scientific and Industrial Research – R872 million;

•the National Research Foundation – R883 million;

•the Human Sciences Research Council – R290 million;

•the Technology Innovation Agency – R382 million;

•the South African National Space Agency – R125 million;

•the Academy of Science of South Africa – R23 million.

Issued by the Department of Science and Technology

Enquiries:

Lunga Ngqengelele

Media Liaison Officer

082 566 0446

US se prof Opara lei wêreld se landbou-ingenieurshttp://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=4011US se prof Opara lei wêreld se landbou-ingenieursEngela Duvenage
CIGR is sambreelligaam vir landbou-ingenieurswese wêreldwyd

Prof Umezuruike Linus Opara van die Universiteit Stellenbosch is as die inkomende president van die Internasionale Kommissie vir Landbou- en Biostelselsingenieurswese (Commission Internationale du Génie Rural of CIGR) verkies. Dié uitgelese professor en bekleër van 'n navorsingsleerstoel aan die Universiteit Stellenbosch sal dus ook nou die wêreldwye sambreelorganisasie vir landbou-ingenieurswese help lei. Die CIGR bestaan uit 'n netwerk van streeks- en nasionale verenigings vir landbou-ingenieurswese sowel as private en openbare maatskappye en individue wêreldwyd.

Prof Opara is tot die posisie verkies tydens die onlangse Internasionale Konferensie oor Landbou-ingenieurswese wat in Denemarke gehou is en deur deur die Europese Vereniging van Landbou-ingenieurs onder die beskerming van die CIGR georganiseer is.

Die verkiesing beteken dat hy sal dien op die Presidium van die CIGR vir twee jaar as inkomende president, voordat hy die posisie van president opneem rondom 2019. Hy sal daarna die CIGR vir ʼn verdere twee jaar dien as oudpresident. Prof Opara is die eerste ingenieur vanuit Afrika suid van die Sahara wat verkies is tot hierdie posisie. Sy termyn sal val saam met die 90ste herdenking van die stigting van die CIGR.

Hy sal sy nuwe verantwoordelikhede moet balanseer saam met dié wat hy reeds hanteer as deel van die DWT-NNS Suid-Afrikaanse Navorsingleerstoel in Na-Oestegnologie en as uitgelese professor in die Universiteit Stellenbosch se Departement Hortologie.

Prof Opara, wat reeds sedert 2009 aan die US werksaam is, het vroeër vanjaar die 2016 Afrika Unie Kwame Nkrumah Kontinentale Wetenskapstoekenning vir senior navorsers ontvang. Hy het as landbou-ingenieur gekwalifiseer aan universiteite in Nigerië en Nieu-Seeland, en dien op verskeie internasionale komitees en redaksies. Hy is ʼn genoot van die Suid-Afrikaanse Instituut van Landbou-ingenieurs. Prof Opara is ook die stigterpresident van die Pan-Afrikaanse Vereniging vir Landbou-ingenieurswese (AfroAgEng), wat gevorm is tydens 'n internasionale tegniese simposium van die CIGR wat in 2012 by die Universiteit Stellenbosch gehou is.

Sy multi-dissiplinêre navorsingspan is die toonaangewende groep wêreldwyd wat betref navorsing oor na-oespraktyke, verpakking en bemarking van granate. Sy navorsingsgroep toets en ontwikkel ook verpakking en kwaliteitsbeheermetodes wat relevant is vir die hantering en berging van vars vrugte en groente soos tafeldruiwe, sitrus en appels. Hierdie poging is gefokus daarop om onnodige voedselverlies en -vermorsing te verlig, kwaliteit te handhaaf, en waarde toe te voeg tot die vrugte- en groentesektor.

Hoewel die Universiteit Stellenbosch nie ʼn graad in landbou-ingenieurswese per se aanbied nie, sê prof Opara hy sien uit daarna om die nuwe geleenthede wat hom gebied word, te benut. Hy hoop dit sal help om die bydraes van ingenieurswese en verwante programme van die US in die landbou-, voedsel- en verwante sektore te versterk.

"Die werk van individuele US-personeellede en nagraadse studente in hierdie areas word wyd erken deur ons eweknieë, plaaslik en internasionaal," sê hy. "Deur samewerking en gesamentlike toesighouding het ons verskeie PhD- en MIng-studente geregistreer in die fakulteite Ingenieurswese en AgriWetenskappe wat werk aan verskillende navorsingsonderwerpe in landbou- en biostelselsingenieurswese."

Agtergrondinligting oor prof Linus Opara

Foto-onderskrif:
Prof Linus Opara (links) van die Universiteit Stellenbosch saam met die onmiddellike voormalige president van die CIGR, prof Tadeusz Juliszewski van Pole. Foto: Verskaf

Matie-granaatnavorser met Afrika Unie se top-wetenskapsprys vereerhttp://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=3359Matie-granaatnavorser met Afrika Unie se top-wetenskapsprys vereerEngela Duvenage
Prof Umezuruike Linus Opara van die Universiteit Stellenbosch (US) het pas een van die Afrika Unie (AU) se grootste eerbewyse ontvang. Die AU Kwame Nkrumah Kontinentwye Wetenskapstoekenning vir senior navorsers is by die afsluiting van die AU-beraad in Ethiopië aan dié landbou-ingenieur en kenner oor aspekte rondom na-oes tegnologie oorhandig. Chemikus prof Nyokong Tebello van Rhodes Universiteit het 'n soortgelyke toekenning in die kategorie vir vroue ontvang.

Prof Opara, bekleër van die DWT-NNS Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel (SARChI) in Na-oes Tegnologie, is 'n uitgelese professor in die US Departement Hortologie. Hy is sedert 2009 aan die US verbonde, en is lid van Suid-Afrika se nasionale wetenskapsakademie, die Academy of Science of South Africa (ASSaF).

Sy navorsingspan werk oor vele dissiplines heen. Hulle word gereken as die mees toonaangewende groep navorsers wat betref die bestudering en ontwikkeling van maniere om die na-oes hantering, verpakking en bemarking van granate te verbeter. Wêreldwyd word prof Opara se individuele bydrae hiertoe ook erken, want hy word gelys as die voorste wetenskapsleier op die gebied van na-oes tegnologie waarby die granaatbedryf baat.

Sy navorsingsgroep toets en ontwikkel ook verpakking en kwaliteitskontrolemetodes wat help met die hantering en stoor van vrugte en groente soos tafeldruiwe, sitrusvrugte en appels. Hul werk is daarop gerig om onnodige voedselverliese in die vrugte- en groentesektor uit te skakel. Sy span het onlangs ook die preservering en kwaliteit van vis en die gebruik van kassawameel om brood mee te maak ondersoek.

"Dis 'n besonderse eer as 'n mens se werk deur so 'n kontinentwye toekenning vereer word, maar my navorsingspan en die industrie wat my werk en idees ondersteun verdien ook lof," reken prof Opara, wat in Nigerië gebore is. Hy het 'n graad in landbou-ingenieurswese van die Universiteit van Nigerië Nsukka behaal, asook 'n doktorsgraad van Massey Universiteit in Nieu-Seeland.

"Wetenskaplike navorsing kan 'n belangrike rol speel om die winste en volhoubaarheid van agribesighede te versterk," sê prof Opara. "Hierdie toekenning is egter besonders omdat dit ook die impak in ag neem wat ons navorsingsprojekte het op die uitbouing van menslike hulpbronne in Suid-Afrika en Afrika as 'n geheel."

Prof Opara het al as studieleier en mentor vir 18 PhD- en 21 suksesvolle MSc-studente van 15 Afrikalande gedien sedert hy in 2009 by die US aangesluit het. Verlede jaar het hy ook die IMPRESSA-toekenning ontvang.

Hy is die ere-visepresident van die Internasionale Kommissie oor Landbou- en Biosisteemingenieurswese (CIGR), en is ook ere-voorsitter van die CIGR se Seksie VI-komitee oor naoestegnologie en agroprosessering. Hy is voorsitter van die Internasionale Vereniging vir Hortologie se een groenteafdeling (wortel- en knolgroente, eetbare bolle, brassica en aspersies). Hy het voorheen gedien op die adviesraad van internasionale organisasies soos die Amerikaanse Feed the Future Program se Horticulture Innovation Lab.

​Prof Opara het die International Journal of Postharvest Technology vaktydskrif op die been help bring, en is steeds hoofredakteur daarvan. Prof Opara het reeds sowat 200 artikels in geakkrediteerde vaktydskrifte en industriejoernale gepubliseer, asook talle hoofstukke in boeke. Hy is 'n gewilde spreker wat sowat 150 praatjies by internasionale kongresse gelewer het, onder meer as genooide hoofspreker. Hy dien op verskeie panele om saam met ander kenners te besin oor onder meer voedselsekuriteit, hoe om waarde tot produkte te voeg en landboutransformasie.

Meer inligting oor die AU Kwame Nkrumah Wetenskapstoekennings

Hierdie toekenningsprogram is in 2008 op die been gebring op die prestasies, bydraes en ontdekkings van top-wetenskaplikes uit Afrika te erken.

Vir meer inligting, besoek http://www.au.int/en/sites/default/files/pr_24_-_african_union_kwame_nkrumah_continental_scientific_awards_2015_edition.pdf

[Foto onderskrif]

Prof Linus Opara (middel) van die Universiteit Stellenbosch het die Afrika Unie (AU) se Kwame Nkrumah Kontinentwye Wetenskapstoekenning ontvang by die afsluiting van die AU-beraad in Ethiopië. By hom is die nuutverkose AU-voorsitter, mnr Idriss Deby Itno van die Republiek van Chad, en dr Nkosazana Dhlamini-Zuma, voorsitter van die AU Kommissie. Foto: Verskaf