Die eeue oue granaat het eers onlangs wêreldwye belangstelling in kommersiële produksie en verbruik ontvang. Granaatuitvoere vanaf Suid-Afrika was 4500 ton in 2015 wat 20% groei toon in vergelyking met die vorige jaar.
SARChI na-oes tegnologie fasiliteer handel- en marktoegang van landbou en ander biomateriale deur kwaliteitshandhawing, waardetoevoeging en verlies vermindering van vrugte en groente te studeer en te bevorder. Vir die ontluikende Suid-Afrikaanse granaatindustrie word innoverende na-oes oplossings ontwikkel om na-oes hantering en prosessering van granate te verbeter deur middel van die volgende navorsingstemas:
- Voorspelling van vruggereedheid deur die oestydperk om onnodige vrugteverliese te voorkom.
- Modellering van transpirasie- en respirasietempo's om die gedrag van heel en geprosesseerde granate onder veskillende bergingstoestande te verstaan.
- Bestudering van verpakking en koelkettingtegnologiee om die kwaliteit en raklewe van heel en geprosesseerde granate te verbeter.
- Fitochemiese analises om die gesondheidsvoordele en ekonomiese potensiaal van Suid-Afrikaanse granate uit te lig, veral geprosesseerde ariele en granaatreste.